Ek lyk soos ‘n blomkool ek voel soos ‘n blomkool ek smaak soos ‘n blomkool dink soos ‘n blomkool. Ek vermoed ek is ‘n blomkool.
Noudat ons semi-dorpenaars is, is my manlief skielik lus vir groentetuin maak en dis tog te lekker.
Die groentetuin het al lieflike uie opgelewer en pappa het dit mooi aanmekaargevleg en in die wendyhuisie gehang, gereed vir wanneer ek ‘n ou uitjie nodig het. Maarrrr … daar is altyd ‘n maar.
Die eerste keer wat ek ‘n ui wil gaan haal, sit daar ‘n reuse spinnekop in die wendy. Pappa was so oulik, hy het elke keer vir my gaan haal totdat ek al die uitjies opgebruik het.
In die tuin pluk ons spinasie en het ons al heelwat broccoli geoes. Hy het selfs groenmielies gehad, maar ek kon natuurlik nie saameet nie, ek Bant mos, jy weet.
Elke week is daar vir my ‘n kookseltjie boontjies en ek maak potte en potte vol Banting kerriebone, ideaal vir die pendelry.
Toe kom die blomkool. Mense, dis nie blomkoolkoppietjies soos wat ‘n mens in die winkels sien nie, dis blomkole. Massiewe blomkole. En almal is gelyk reg vir gebruik. 😱
Ek maak blomkoolsop, blomkoolbredie, ingelegde blomkool, blomkool in eiervla, kerrieblomkool, ek deel blomkole uit vir almal wat toevallig hier inloer, maar as ek omkyk, lyk die hoop blomkole niks kleiner nie! Manlef vra al of hier net blomkool in die huis is.
Ek het nog nie eers blomkoolpizza en blomkoolrys en blomkoolmash en blomkoolpannekoek probeer nie en ek dink ook nie ek gaan nie! Regtig nie!
So, voort met die blomkoolgeveg. Wat ‘n voorreg! Regtig. Dit ís ‘n voorreg. Dankie, my liefste man. ❤️
Toortsie
Kostelik, Toortsie, maar regtig ‘n voorreg om jou eie groente te kweek!
LikeLiked by 1 person
My man is al moedeloos!
LikeLiked by 2 people
Ek nou lekker gelag, jammer oor die dilema. Die pizza, rys en mash die lekkerste😀 vir my🌻
LikeLiked by 2 people
Dalk moet ekvanaand pizza maak. Ek het hierdie al Maandag geskryf, so die potjiekos van gisteraand wat oorheers was deur blomkool, was nie eers op die lysie nie. Daar lê nog 2 grotes in die yskas en wag vir my vir die naweek. 😱
LikeLike
Lol, hoe laat eet ons vannaand?🍽
LikeLike
Kom betyds, dan kan jy my wys hoe om dit te maak! Ek het nog nooit en het net daardie lawwe vrou se video as verwysing.
LikeLike
Lolololol, deal. Myne ek geleer uit “local is lekker” . Kan ook nie na haar kyk nie😂😂😂😂
LikeLike
Sy het my behoorlik afgesit van blomkoolpizza.
LikeLike
Ek het nie daardie boek nie, maar dit sal iewers op die internet wees of dalk in Tim Noakes se boek.
LikeLike
Dink is in Tim N se boek. Ook op site dink ek is sie chef ou se resep, dis heerlik. Maak genoeg van die base, hulle vries great en lekker maklike etes as mens bietjie lui voel. Ek so lui, bestel myne hier in Dubvels van vrou af wat net low carb doen en verkoop😬🌻
LikeLike
Oulike idee. Dan moet ek nou sommer Saterdag die vrieskas vol basisse maak. 😁
LikeLike
Heerlik, jy inspireer my! Blomkole in ons winkels is peperduur, ek wens ek was nader aan jou.
LikeLike
Ek sou tog te graag vir jou een gegee het! 😁
LikeLiked by 1 person
Ek wens ook ek was nader Toortsie! Die blomkool hier is peperduur en klein!
LikeLiked by 1 person
Gisteraand het ons pot gemaak. Net 3 blomme gebruik en die blomkool het die pot oorheers.
LikeLiked by 1 person
Ongelooflik!
LikeLiked by 1 person
Ek hoor jou sing “Blomkool in die oggend, blomkool in die middag, blomkool at supper time. Ek lyk al soos ‘n blomkool, ruik al soos ‘n blomkool, voel nes ‘n blomkool….” terwyl jy die blomkool verwerk. 😊 Kan jy nie blonkool rys maak en dit vries nie? Of anders ‘n mooi rangskikking vir jou sitkamer? 😕
LikeLike
Ek gaan nou probeer om pizzabasisse te maak. Of ek moet blansjeer.
LikeLiked by 1 person
Lekker lag ek
LikeLike
Oppas! 😂
LikeLike
Dit kom nou al van laas naweek af aan. Vanmiddag het manlief nie kans gesien vir blomkoolslaai nie. Wag! Ek moet piekels maak! Laat ek dadelik soek vir ‘n resep!
Toe ek begin bant het, het ek my flesse weggegee, ons maak mos nie goed in nie. Ek dink ek sal weer my dlesse moet loop haal!
LikeLike
Maar Toortsie het jy dan nie geweet die boom van kennis en kwaad was ‘n koolboom nie!!
(My verskoning om nie kool te eet nie).
Ek neem aan die lug is lekker vars daar by julle…
LikeLike
Ja, die lug is vars, want Banter doen nie daai ding wat jy insinueer nie. 🤭
LikeLike
Jy wwet dat die koolfamilie uiters goed is vir spesifiek mans?
LikeLike