Low Carb is nie glutenvry

Daar is baie mense wat onder die indruk is dat, as jy die Lae Koolhidraat Hoë Vet leefstyl volg, dit genoeg is as jy glutenvry eet.

Ek het nog nooit ‘n glutenvrye dieet nagevors nie en weet nie watter kosse alles gluten bevat nie.

Dit mag dus wees dat, sou jy ‘n lae koolhidraat leefstyl volg, jy toevallig dan ook gluten uitsny. Daar mag egter kosse wees wat in die laevetdieet toegelaat word, wat gluten bevat, wat ek natuurlik nie van weet nie, omdat glutenvry nie in my veld is nie.

Om die waarheid te sê, ek steur my glad nie aan gluten nie. Ek doen lae koolhidraat.

Die ander kant van die munt is egter waar: Daar is kos wat glutenvry is, maar beslis nie volgens die lae koolhidraatdieet is nie.

As voorbeeld: Gars, hawermout, en alle ander grane wat glutenvry mag wees. So, as die boksie sê, glutenvry, beteken dit nie noodwendig lae koolhidraat nie.

Dus, jy moet besluit, volg jy ‘n glutenvrye dieet, of volg jy ‘n lae koolhidraat dieet, of eet jy net wat jy wil, en eers dán kan jy bepaal watter kosse jy kan eet, of nie kan eet nie.

Groete

Toortsie

Advertisements

3 thoughts on “Low Carb is nie glutenvry

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s