Blogland kom asseblief tot bedaring – en vir elke blogger wat met sy tassie gereed staan om Una tot hulp te snel – Una is nie in die tronk nie!!! Tipies Toorts, het sy weer iets gehoor en dadelik kombuis toe gehardloop om daardie dodelike tert te maak om die polieste mee om te koop. Nou sleep sy nog vir Seegogga saam met haar die afgrond af. Julle weet wat laas gebeur het, die fiasko wat dit veroorsaak het!!! Wil julle weer met die gereg deurmekaar raak? Dink mense dink. Hester het haar draad verloor… anders kon ek my nou tot haar gewend het om die sweep hier op blogland te laat klap, en almal tot bedaring te bring.
Perdebytjie gaan rustig voort, neem jou fotos en kom wys dit vir ons.
Lekkervurig los jou vuurwa en speel krabbel saam met Rots.
Positief gaan voort met die reëlings om The Naked Lady te koop.
Ekmyself geniet jou boer en sy plaas…. en onthou om te dans.
Sonell berei voor vir jou volgende motiverings praatjie.
Scrapy jou bors is hopenlik beter. Gaan stap met Trompie, en lees vir Bea ‘n storie.
Rondomtaliedraai ek hoop werklik jou oog is beter. Soek solank na fotos om ons mee te vermaak.
Abrie begin skryf aan daardie beloofte blogs. Tussen hakkies…. ek weet nogsteeds nie of jy ooit uit daardie bos uit teruggekom het nie.
Bondels…. jy is nuut hier. Leer een ding vinnig… hierdie blogland familie is nie so onskuldig soos hulle klink nie. Gaan lees self waartoe hulle in staat is.
My kop is klaar dronk, en so ontsteld soos ek nou is kan ek nog minder dink. So as ek iemand hier oorgeslaan het… “sorry.” Laat ek nou maar Una se Kieter uit die sak laat. Una sit in haar Baliwinkel en hallusineer. Dis niks ernstigs nie…. blykbaar het haar liefde vir blogland na haar kop toe gegaan, en nou sien sy gesigte. Virgo reken sy sal oor ‘n paar dae weer piekfyn wees. Tannie Frannie gaan intussen na haar kyk. Ek wonder nogsteeds oor daardie uitgeholde brood met diamante in…. tsk, hoe dwaal my gedagtes. Vir Toorts en Seegogga wat nou hier in ons deel van die wêreld ronddwaal is net een goeie donderslag nodig om hulle terug te kry in die Kaap. Maar nou is dit winter…. so die tyd sal moet leer.
N.S Toorts vra blog ek dan nou net om haar in toom te hou. Ek gaan nie stry nie… ek lief dit om haar siel uit te trek. Maar nee, ek het begin blog om ontslae te raak van baie opgekropte emosies. In die proses raak ek toe lief vir die mense in blogland. Elkeen is uniek, en op sy eie manier spesiaal. Julle maak ‘n groot deel uit van my lewe. Dankie daarvoor.
Kameel
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die volgende InLinkz-skakel:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=787126
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Aggenee – is my tiramisu nou neusie verby?:grin: 😀 😀
Toemaar, ‘n kuiertjie van Una sal daarvoor opmaak. Toorts en Seegogga moet ook maar hulle donderslag hier kom afwag.
LikeLiked by 2 people
Gaan jy die donderslag toedien Frannie? 😀😀😀😀 Ek is raadop met Toorts. Jy en Una gaan lekker kuier…. lei haar maar versigtig terug na die wêrklike lewe.
LikeLiked by 2 people
Ag neewat, ons wag sommer almal rustig hierso vir die somer…
Bwahahaa – “Hester het haar draad verloor” – fyn, Kameel, fyn, en ek glo Hester sal daai kwinkslag net so baie geniet!
LikeLiked by 2 people
Rustig sê jy Frannie…. met daardie tiramisu tert in die rondte? Berei Laatlam solank voor vir groot moeilikheid.
LikeLiked by 1 person
Laatlam gaan lustig saamsmul!
LikeLiked by 2 people
… en jy’s reg Frannie, ek het nou lekker gelag!
LikeLiked by 3 people
Is jy met ons Hester…. of gesels jy ten duurste?
LikeLiked by 1 person
Op die selfoon, nog steeds.
LikeLiked by 1 person
🤔🤔🤔🤔🙉🙈🙊😂😂😂🤗
LikeLiked by 2 people
Una!? Is dit waar wat Kameel vertel? Dan kan ons mos by jou winkel kom partie hou!
LikeLiked by 2 people
Tannie Frannie is meer dan gewillig om julle te ontvang…. daardie tiramisu (spelling) tert van jou het groot aantrekkingskrag!!!
LikeLiked by 1 person
Dis reg. As ons haar net sal vind!
LikeLiked by 1 person
Dit gaan ‘n probleem wees…. ek ken ook nie haar adres nie!!!
LikeLiked by 1 person
Ag dis maklik om my te kry: Hier kiep-kiep, daar kiep-kiep en woerts, om die hoekie!
LikeLiked by 1 person
So mens roep net…. en jy verskyn uit die niet? Blogland is voorwaar ‘n wonderlike plek 😀😀😀😀
LikeLiked by 1 person
Toortsie, ek is in aanhouding, nog nie formeel aangekla nie. So daar is nog nie bail ter sprake nie. Hulle hou my in die kamertjie met die venster totdat Lekkervurigeaffêre inkom. Vir ondervraging. Ek is regtig nie by die winkel nie; en ek voel hel alleen. Julle moet my kom haal, asb, en daarna na Frannie toe vat. Maar genade, kom net met jul versterkinkies.
LikeLiked by 1 person
Nou hoekom sal Kameel sulke stories vertel? Dink jy nie hulle het haar ook in hulle mag nie?
LikeLiked by 1 person
Ai Toorts…. hoe ken jy my?
LikeLiked by 1 person
Ek weet nou nie meer wie om te glo nie
LikeLiked by 1 person
Smokkel ons met jou kop? Solve the mystery – Waar is Una? 😊
LikeLike
Ek luister maar vir haar, sy sal mos weet waar sy is!
LikeLike
Ek praat met haar, ek het nodig dat sy en Camilla opdaag…
LikeLiked by 2 people
Una jy is in ‘n droom vasgevang. Virgo sê oor ‘n paar dae is jy weer piekfyn en met ons. Tannie Frannie kyk mooi na jou. Camilla bly mos nou in Oostenryk…. sy kan onmoontlik nou hierheen kom. Dit voel seker soos ‘n nagmerrie maar dit sal verby gaan.
LikeLike
Ek vermoed sy is gedope!
LikeLiked by 1 person
Una dis Kameel hier. Bly kalm…. jy is heeltemal veilig.
LikeLike
Kameel, ek en jy het ń kode-woord, onthou. Ek is hierdie keer regtig in die moeilikheid, hulle is agter ons vorige mmm oefening aan. Die plaas/tonnel/… Kode-woord Ben. Kom help my. Niemand glo ons blogvriende is onskuldig nie, omdat almal vreemde name het.
Ek word net hier in Harties aangehou, nog nie opgesluit nie. Maar Camilla, ek het haar nodig. Vir oulaas…
LikeLiked by 1 person
Hester! Praat met Kameel! Perdebytjie! Seegogga! Waar is julle? Ek vermoed Kameel is ook gevange geneem en in hulle mag, dis dié dat sy ons afraai om vir Una te gaan help, en as ons te lank wag, gaan die seekos nie meer reg wees nie en julle weet wat gebeur met die Tiramisu as dit te lank gebêre word.
LikeLike
Oor die donderslag, solank julle net ‘n flipfile het waaragter ek kan skuil!
LikeLiked by 1 person
Is jy van plan om tot die somer te bly 😄
LikeLiked by 1 person
Nooit!
LikeLiked by 1 person
Dan kan jy ontspan…. geen donderweer nie.
LikeLiked by 1 person
Ag dankie tog!
LikeLiked by 1 person
So, Kameel, hoekom blog jy? Om my in toom te hou, of wat?
LikeLiked by 1 person
Jitte nou lag ek lekker. Jip, om julle bloggers te leer ken en jou siel uit te trek as die gier my pak. Ek geniet elkeen op sy eie unieke manier.
LikeLiked by 1 person
Jy’s nou net weer besig om die bloggers te “tune” nè? Ek laaik jou nuwe foto.
LikeLiked by 2 people
Die bloggers het partykeer “tuning” nodig. 😊 Dankie…. die foto is meer ek… die driedubbel kenne, verstaan.
LikeLiked by 2 people
Sak Sarel!
LikeLiked by 1 person
Ek like julle mal klomp
LikeLiked by 1 person
Dankie. Iemand moet ons like…. ander sal dink ons behoort toegesluit te word
😀😀😀😀
LikeLiked by 1 person
Ek sal vir julle kos bring….
LikeLiked by 1 person
Is jy nie nou een van ons nie?
LikeLike
Ja ek is verseker maar omdat ek nog die nuutjie is sal hulle my dalk grasie gee. Dan bring ek die kos met die vyle en goeters in om julle uit te kry, sien…
LikeLiked by 1 person
So praat ‘n blogger…. ken klaar “the tricks 😀😀😀😀of the trade”
LikeLike
Jy sien!!! Amasing…🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Jy sal moet help om Kameel te oortuig dat Una regtig in die moeilikheid is en sy sal moet kom help. Ek verstaan glad nie haar weerstand nie!
LikeLiked by 1 person
Dink net terug aan Toweropstal en die voortvlugtiges, en jy sal my weerstand verstaan Toorts. 😕
LikeLiked by 1 person
Maar dit was lekkerrrr. Veral toe ons drietjies op die fiets gery het.
LikeLiked by 1 person
Dit was lekker. Ek was sommer net lus vir bietjie teen die stroom swem.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLiked by 1 person
Ons het die week nie wifi nie. So ek sê totsiens vir eers. Miskien loer ek ten duurste nou en dan in…. maar dit sal nie baie kan wees nie. Mooi week vir jou.
LikeLiked by 2 people
Geniet dit! ❤️
LikeLiked by 1 person
Ek moet sê ek verstaan nie veel van hierdie hele storie nie maar gebruik Una en moeilikheid i dieselfde sin en my voete begin vanself hol… kom Kameeeeeeeeeel……
LikeLiked by 3 people
Jy sal ons nog gewoond raak.
LikeLiked by 1 person
Ek weet nou nie of gewoond raak so goed is nie. Ek ken julle nie, net vir Una maar ek lief julle nes julle is. As gewoond raak maak dat dinge verander dan moet dit liefs net so bly. Julle verskil in crazy graad but i like it en voel baie tuis…
LikeLiked by 2 people
Dankie, Bondelsgedagtes, ek waardeer. Jy kom saam op die berg sit en ñ heildronk op die bloggers drink?xx
LikeLiked by 1 person
Ooooo absolutely asseblief en dankie!!!xx
LikeLiked by 1 person
Ag nee Kameel, ek het nou so uitgesien na die Tiramisu poering en dalk kon ons vir Toort oortuig vir ‘n stukkie spinasietert, nou wil hy haar don(d)ner?
LikeLiked by 2 people
Toorts en haar konkoksies spel moeilikheid Positief. Sowaar as dinge weer soos laas by Toweropstsl hande uitruk gaan bly.ek saam met Camilla in Oostenryk…. en los julle klomp vir die Mafia. Hester vra klaar of sy Pablo moet stuur.
LikeLiked by 3 people
As ek nou nie klaar deel was van hierdie komplot nie sou ek bang geword het en vêr weggehol het…
LikeLiked by 2 people
Lekker koelkop vertel jy nou die waarheid. Eks bly Una is nie tediep in die (k) grmors nie. Ons werk saam en nie teen mekaar nie. Eks baie lief vir jou, jy is baie spesiaal.
LikeLiked by 3 people
Lewe en werk rustig voort sê die bybel. Toorts sou ons almal weer op loop gehad het met daardie tiramisu tert van haar. Lief vir jou ook Scrapy.
LikeLiked by 3 people
Dankie jy het bietjie kalmte gebring.
LikeLiked by 1 person
Kameel ek het besluit om my uit hierdie een uit te hou, Una sal oorleef.
Jy is reg daar is ‘n paar 2de aflewerings wat ek sluld. Sal hopelik nog daarby uitkom (en by ander skrywes – is jy dan nou terug op Toortsie.com – jammer ek moet nog opvang as ek iets gemis het).
LikeLiked by 1 person
Weet nie presies hoe dit werk nie…. maar ek Kameel se Gebabbel is ‘n tweede blog by Toortsie. Toe ek dié een plaas het ek (onwetend) nie gekyk onder wie se naam ek plaas nie. Sal seker nog die trieks van die trade leer. 😊 Geniet jou verlof… êrens gelees jy gaan met verlof.
LikeLike
Ek was, werk weer, was verlede week op verlof en in my volgende post gaan stap julle saam met my en Louis Leipoldt
LikeLiked by 1 person