My broer se driejarige seuntjie stel vreeslik belang in my breiery en so brei ‘ons’ ‘n trui vir my seun en ek belowe hom dat ‘ons’ vir hom ook ‘n trui sal brei as die ander een klaar is. Die trui was presies volgens die mates soos aangedui op die patroon, maar helaas, die eindproduk was heeltemal te groot!
Die buurman was tog te in sy skik met die onverwagte geskenk! 😁
Nou is my breiprogram heeltemal omvergegooi, want nefie se truitjie is eerste in die ry en my skoonseun se wol reeds gekoop. Dan is daar nog die gehekelde toppie vir die VLV wat al ver heen gehekel was, tog te mooi, toe ons ontdek die dye lot verskil! So dis weer van vooraf begin en ek het dit juis gedoen toe ons in die Vrystaat was en ek tyd gehad het. So boeta, wat gereken het op ‘n warm trui vir die winter, staan nou vir eers met leë hande.
Intussen brei ek en nefie aan sy trui. ‘n Streeptruitjie, dan kan daar sommer ‘n bietjie oorskietwolletjies ook ingewerk word. Ek brei, hy knip die wolletjies af en gee vir my die volgende bolletjie wol aan. Ons werk dat dit klap!
Te gewillig staan hy nader dat ons die pante kan meet aan die lyfie.
Nou, toe rol ek ‘n bol wol wat min begin raak, op in ‘n bolletjie en skielik onthou ek my bolle wol as kind. Ek het op ‘n stadium al my ma se oorskietwolletjies op een groot bol gerol. Ek het ‘n paar sulke groot bolle wol gehad met al die oorskietwolletjies. Wat my doel daarmee was, weet ek nie, maar dit het my dae lank besig gehou. 😁 My pa het my geleer dat jy die wol so oor jou vingers moet oprol, anders is die bolletjie verskriklik hard en styf.
Nou toe! Brei, Toortsie, brei! Daar moet ‘n handsakkie en gilet ook gebrei word vir die VLV.
Dit klnk vir my na dag en nag!
Toortsie
En wat van my trui wat jy my belowe het? Jy is fluks vrou… jy is fluks.
LikeLike
Ek sit jo naam op m my lysie, maar die lys is lank, hoor!
LikeLiked by 1 person
Ek brei baie op die wapad, as ons pendel. Dis nou as manlief bestuur.
LikeLiked by 1 person
Al probleem van brei op die kar, is dat jy soms ‘n pen laat val en dan is daar geen manier wat jy dit kan kry in die bewegende voertuig nie. Mens moet maar altyd ekstra penne byderhand hou. Ek het nou net al weer ‘n pen laat val.
LikeLiked by 1 person
Solank jy nie steke laat val nie!!!!
LikeLike
😁
LikeLike
Die aantal steke varieer soms 😱
LikeLiked by 1 person
Ek ken daardie een 😀😀😀😀
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLike
Jy sal nog ‘n trippie op die langpad moet vat, om al hierdie goed klaar te brei!
LikeLike
Ek voel ook so. Ek kan sommer sien jy verstaan! 😁
LikeLiked by 1 person
Ek bewonder alle breiers. Dis een ding wat my hotklou nooit kon leer nie..
LikeLiked by 1 person
Ek is ook links 😁
LikeLike
Dan moet ek jou eers saluut!!!! Juffrou op skool het my altyd met liniaal oor vingers geraps omdat ek dit nie kon reg kry nie. Darem kan ek hekel, en het ek n hekel in brei😉
LikeLike
Dis gewoonlik regshandiges wat sommer namens linkshandiges besluit hulle sal dit nie regkry nie, maar hulle vergeet dat ons gebore en lewe in ‘n regshandige wêreld en heeltemal gewoond is daaraan om goed om te draai sodat ons dit kan regkry. As jy wil, probeer dit, dis nie moeilik nie. As jy kan hekel, sal jy kan brei ook.
LikeLike
Jy moet net regoor die regse sit en brei in spieëlbeeld.
LikeLike
Ek het myself so leer hekel
LikeLike
Of jy moet vir my kom kuier.
LikeLike
Dit klink fantasties…
LikeLike
Ai, daar’s niks so lekker warm soos ‘n handgebreide trui nie – jou arme boetie! As daai oulike streeptruitjie kleintjies kry, deps ek ene vir Joshi…
LikeLike
Ek dink ek gaan maar mooi praat iewers en die program effens omgooi dat hy sy trui gouer kry.
LikeLiked by 1 person
Jaaa! Jy kan mos organiseer!
LikeLiked by 1 person
Of dalk die twee swaers se truie gelyk brei, maar dit sal ‘n ewigheid neem.
LikeLike
Besig, besig, besig!! Dit is darem heerlik om handwerk te doen
LikeLiked by 1 person
Baie bevredigend.
LikeLike