Skryfsafari: Vullisvry

Wanneer ‘n mens so ‘n uitdagende onderwerp kry soos hierdie week s’n en jy almal se bydraes lees, kan jy nie anders as om daaroor te dink en verskillende opsies te oorweeg nie.

Ek het reeds geskryf wat ek doen in ‘n poging om sagter op die aarde te wees en my vullis te verminder.

Een aspek wat ter sprake kom, is die sorteer van jou vuilgoed, volgens hoe jou munisipaliteit vereis. So maklik soos dit vir party mense is, so moeilik en ingewikkeld klink dit vir my. ‘n Boervrou uit ons omgewing sorteer al haar vullis en bring dit na ons dorp se herwinningsplekke. Ek haal my hoed vir haar af.

So, op my manier herwin ek wat ek kan en stuur terug tuin toe wat ek kan en probeer ek my skottelgoed beperk tot ‘n minimum.

Nou hoor ek dat deel van plastiekherwinning is dat jy al daardie bakkies eers moet was! Dis seker die bakkies nie moet vrot nie, maar nou raak my skottelgoed en die water wat ek gebruik, en alles, meer.

Ingewikkeld.

So, Maandae moet ek sekere vullissalke uitsit, wat ek amper vergeet, en Donderdag ‘n ander villissak met ander inhoud. Klink na ekstra sakke, en ek is omtrent nooit op ‘n Donderdag by die huis nie.

Moeilik.

Ag, ek sal aanhou probeer op my manier, maar wat wel nou gaan verander ná hierdie week, is dat ek materiaalsakke sal gebruik. Wat gewas moet word. En die Overberg is droog en ons het waterbeperkings.

Mens kan ook nie wen nie.

Toortsie

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel.

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=786362.

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

9 thoughts on “Skryfsafari: Vullisvry

  1. Ek ervaar ook die herwinnings proses as oorweldigend. Ek kan ook nie deal met die ekstra skottelgoed nie. Te veel vir my los koppie. Dis hoekom ek eerder probeer om maniere te vind om minder goed in te neem. Maar dit maak maar goed meer complicated. Jippee vir die lapsakke. Hulle bly verbasend lank skoon. Ek gebruik ook materiaal koelbokse. Ek het een of twee present gekry en ek het ‘n paar wat die winkels verkoop. Hulle rits toe en hou sommer my kos lekker koud oppad terug huis toe.

    Like

  2. Ek was vir ‘n wyle onder die radar met al die voorlopige goed wat die regering van my verwag was daar net tyd vir bybel lees en dan die koerant wat ek nou maar eenmaal net nie kan ophou lees nie.

    Like

  3. Wat eintlik belangriker is, is dat mens minder verpakte goed moet kry. In jou geval is los groente en vrugte al n groot stap. As mens die houer n vinnige uitspel gee help dit ook. Dis eintlik die vetterige goed wat die probleem gee. Ek hoor dat hul hier ook die Julie met nul-vullis gaan doen. Jy moet jou eie glas bring om jou gekoopte wegneem koffie te koop. Of die outydse paper koppies! Geen strooitjies om mee te drink nie. Ai, al die lekker word weggevat! O en melk in kartonhouers!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!