In die Kruger Wildtuin het ek net gesit en die bosveld geniet terwyl ons gery en gery het. Die diere wat ons gesien het, was ‘n heerlike bonus. Ek het die krapperigheid in my hart daar in die bos agtergelaat en vervuld daar weggegaan.
Toe kom ons in die Hluhluwe-wildreservaat in Natal. Hoe kan ek dit beskryf? Die natuurskoon is asemrowend. Dis groen, groen, groen. Ons kan duidelik sien dat dit hier gereën het.
Van reën gepraat, mense, dit is STEEDS ontstellend droog by ons. Die Kaap het wonderlik reën gehad, die Breërivier wat om ons loop, was in vloed, maar by ons het dit nog nie genoegsaam gereën nie. Ek het sommer iemand unfriend op Facebook wat weer eens oor die reën gekla het, dit breek ‘n mens se hart.
Maar terug in Natal. Ons het heelwat diere gesien. Baie buffels, ‘n paar renosters, olifante, waterbokke, apies, vlakvarke, ens.
Die toppunt was middagete by die restaurant daar op die kop. Mens verloor jouself in die heuwelagtigheid, die uitsig. Ons het sommer net gekyk en gekyk. ‘n Trop buffels het daar naby gewei.
En nee, ons het nie ‘n middagslapie gevang nie, al was die versoeking baie groot.
Wat ‘n dag!
Groetnis
Toortsie
Dankie dat jy ons so saam met jou laat rondry.🌷
LikeLiked by 1 person
Te heerlik! Bly julle rus so bietjie.
LikeLike
Nou op pad terug.
LikeLiked by 1 person
Julle moet veilig ry en sterkte met jou moeder se gesondheid. xx
LikeLike
Dankie. Sy is terug in die ouetehuis. Haar kop is maar baie deurmekaar, maar op 89 kan ‘n mens dit seker aanvaar. Die rede tot hospitalisasie is gelukkig opgelos en ‘n ekstra pilletjie help vir die angstigheid. Ek dink ons is oor die bultjie. So baie dankie vir jou omgee.
LikeLiked by 3 people
So dankbaar*
LikeLike
❤️
LikeLiked by 1 person
Natal het weer ‘n anderster skoonheid. Ek is bly jy hetcdit geniet, Toortsie. Reis veilig terug.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person