Ons almal werk so hard aan ons salarisse, net om alles uit te betaal aan die einde van die maand en niks vir onsself oor te hou nie. Ek weet dis moeilik om in hierdie moeilike tye te spaar. 10 persent, of selfs meer van ons salaris.
Vir ons jongmense kan ek dit nie genoeg beklemtoon om, van jou eerste salaristjek af, 10% te spaar nie. Deur dit te doen, kry jy aanvanklik uiters swaar, kan jy nie koop wat jy so verskriklik nodig het nie, maar deur dit te doen, sit jy jouself op ‘n ander baan, iets waaroor jy nooit spyt sal wees nie.
Daardie 10% is soos lammerooie waarin jy belê, hulle gaan vir jou begin werk, selfs sonder dat jy dit besef. Hulle gaan vir jou deure oopmaak wat andersins altyd gesluit sou bly. Hulle gaan vir jou dinge moontlik maak wat andersins altyd onmoontlik sou bly.
Doen dit net. Byt vas, veral in moeilike tye. Gun dit vir jouself. Ek belowe jou, jy sal nie spyt wees nie.
Groetnis
Toortsie
Hierdie raad is vir my ook bedoel. Een van die dae gaan ek ñ spaarrekening begin!
LikeLiked by 1 person
😁 mooi so!
LikeLiked by 1 person
Baie wyse raad!!
LikeLike
😁
LikeLike
Goeie raad!!
LikeLiked by 1 person
Goeie advies daai
LikeLiked by 1 person