Wat is verkeerd met nou?

Vanmiddag tydens etenstyd dink ek daaraan dat dit binnekort vier jaar is sedert ek besluit het om die Bantingleefstyl te volg. Vier jaar wat soos ‘n gedagte omgegaan het. Vier haar wat sekerlik nie altyd maklik was nie, maar beslis nie onmoontlik of onuitvoerbaar was nie.

Onwillekeurig dink ek toe aan die doemprofete van daardie tyd en wat van hulle geword het. Met soveel oortuiging het hulle die leefwyse verdoem, het hulle ‘navorsing’ geskree, dat dit ‘nie volhoubaar is nie’, dat ons lewer en niere gaan oppak, ‘dat ek sekerlik nie ernstig is nie’, dat ek dom is, dat ‘n mens ‘moet oefen’ en ‘nie moet oefen’ as jy Bant nie. Die een was slimmer as die ander en het mekaar weerspreek, die ergste was ‘n dieetkundige wat my regtig ernstig aangespreek het, en haarself weerspreek het in die twee sinne wat sy gesê het. Ek het haar net gevra of sy Tim Noakes se boek gelees het.

Maar dit nou daar gelaat. Waaroor ek ook gedink het, was dat ek op ‘n Saterdagaand besluit het om dit die volgende dag te begin. ‘n Besluit wat oornag geneem is.

En ek het begin met letterlik niks in my huis nie. Al wat ek gehad het, was twee ouerige eiers, ‘n stukkie botter en swak gehalte wors wat iemand in my strandhuis se vrieskas vergeet het.

Ek noem dit om ‘n baie defnitiewe rede: Jy hoef nie winkel toe te gaan en duisende rande se vreemde items te gaan koop nie. Kyk wat jy in jou koskaste het, daar is dalk baie meer as wat jy dink!

Die ander rede is: Begin NOU. Vandag. Selfs al het jy al vanoggend stysel geëet, dit maak nie saak nie. As jy wil Bant, doen dit nou. Die grootste tree wat jy moet neem, is die eerste tree. Neem dit. En die eerste tree sal jou die moed gee vir tree nommer twee.

Steeds bly my raad: Ken jou dokter hierin en onthou, jy doen dit op eie risiko. Ek dwing jou nie om dit te doen nie. Ek belowe ook nie resultate nie.

Maar, as jy dit doen, doen dit voluit. Dit het vir my gewerk, ek hoop dat jy ook suksesvol is daarmee.

Groete

Toortsie

Advertisements

9 thoughts on “Wat is verkeerd met nou?

  1. As jy ‘n ding tot die volgende dag uitstel noem ‘n mens dit “Nog een nag saam met die paddas.” Dit komende van Farao wat die wegneem van ‘n plaag tot die volgende dag toe uitgestel het. 😊

    Liked by 3 people

      1. Ek kan nie van my boep ontslae raak nie, maar ek Bant ook nie helemal nie. Die res van my raak dunner, my liefde het sedert Desember 19kg verloor. Sy verloor eweredig maar nie ek nie.

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s