Vriendelikheid wat verstom

Die opregte, amper oordadige, vriendelikheid van die personeel van die Mjejane oord het my keer op keer aangegryp, ek kan nie anders as om erkenning vir hulle te gee nie.

Sommer by die hek verseker hulle ons: We are here for you.

Elke persoon by wie ons verbyry, stop waarmee hy besig is, en waai vriendelik.

Dit laat my so dink aan toe ons destyds die John Deere fabrieke in Amerika besoek het. As ons op die waentjie agter die trekkertjie deur die fabriek gery het, het elke persoon, soos ons by hulle verby ry, ‘n oomblik opgekyk, geglimlag en sy hand gelig.

Erkentlikheid. Ordentlikheid. Opregtheid. Hierdie mense op die waentjie is ons kliënte en ons respekteer hulle daarvoor. En dís dieselfde erkentlikheid wat ek by Mjejane ervaar het.

Ook in die lieflike eetplekke in Komatiepoort en by die vrugtestalletjie in Barberton.

As ek die opregte wedersydse vriendelikheid ervaar, kan ek nie help om te wonder waar die rassehaat is waarvan ons so baie hoor nie. Ja, ek weet dis daar, maar die teendeel is net so verskriklik lekker. Weerskante.

Groete

Toortsie

7 thoughts on “Vriendelikheid wat verstom

Gesels saam, asseblief!