Country living in South Africa daag ons uit om rommelvry te leef. Ek moet bieg: Ons dop die toets heeltemal en ek weet glad nie of ek dit ooit sal regkry nie, my lewe is reeds so deurmekaar en ek fokus op oorlewing.
Tog sal ek hopelik nie nul kry vir my toets nie. Hopelik nie.
Ons gebruik glad nie blikkieskos nie, so daar is nie veronderstel om blikkies in my vullisdrom te wees nie.
Die leë 2-liter koeldrankbottels word almal na die melkstal gestuur waar dit gebruik word om biesmelk te vries vir kalwers wat gebore word. Die melkers gebruik ook die bottels vir die melk wat hulle huis toe neem.
Ek gebruik wel plastiekwinkelsakke, maar dit word opgevou ná gebruik en dadelik weer in my handsak gesit vir my volgende inkopietog.
Alle bene en ander kosafval wat die honde sal eet, gaan vir hulle. Alle skille en eierdoppe en ander organiese afval beland onder die bome en word met tyd deel van die grond. Daardeur verbeter ons die kwaliteit van ons grond.
My man plant ons eie groente, maar natuurlik nie alles nie. Ek moet steeds koop, maar ons eie groente gebruik geen verpakking nie en die blare en ander afval wat daaruit ontstaan, gaan terug grond toe.
Die groentetuin word natgegooi met dakwater en gryswater. Die toilet word gespoel met stortwater wat ons opvang in emmers.
Koerante word gebruik om vuur mee te maak, alhoewel daar maar koerante weggegooi word ook.
Flesse word hergebruik, en dit wat ek nie gebruik nie, word vir my byeboervriendin gegee om heuning wat sy verkoop, in te gooi.
Plastiek botterbakkies word gebruik om oorskietkos vir iemand te stuur.
Wanneer ons vir ons werkers klere koop, hou ek die skoenbokse, wat gebruik word om dokumente of wat ook al by die regte persone te besorg.
Leë waspoeieremmertjies word as emmers gebruik.
Daar is dalk nog een of twee goedjies wat ons doen om rommel te verminder, maar ek dink dis redelik my somtotaal.
Groete
Toortsie
………………………..
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel.
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=786362.
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Jy doen n goeie werk met so min rommel as moontlik. Dis so lekker om die groente en vrugte vars te koop – sonder plastiese verpakking. Die bottels klink ook n goeie idee om melk in te vries vir kalwers.
LikeLiked by 2 people
Jong, ons het steeds sakke vol rommel!
LikeLike
Glo jou goed want alles kom tog op die einde in n houer/verpakking.
LikeLiked by 1 person
Soms voel ek dis so onnodig. My velsorgmiddel is in ‘n buisie in ‘n boksie in ‘n sakkie. Hoekom?
LikeLiked by 1 person
Ja, die buisie is genoeg, die res word tog net weggegooi.
LikeLiked by 1 person
Dis hoe ek ook voel.
LikeLiked by 1 person
Jy laat my skaam kry!
LikeLike
Nee man! Ek doen net mooi niks!
LikeLiked by 1 person
Om mee te begin: Jy stel ‘n omruildiens vir ou boeke in. Presies in lyn met rommelvry. 😁
LikeLiked by 2 people
Nee wat, jy hoef skaam te kry nie. Tewens, jy sit vir my ore aan!
LikeLiked by 1 person
Jy doen weer ander goed. Ek is seker daarvan. 😁
LikeLiked by 1 person
Klink of jy jou deel doen Toorts. Hierdie week bly ek tjoepstil 😕
LikeLiked by 1 person
Kameel, as jy mooi dink, weet ek jy gaan op baie maniere afkom wat jy goed hergebruik.
LikeLiked by 1 person
Aaag… Moenie stil bly nie. 🙂 🙂 vertel ons ietsie
LikeLiked by 3 people
Ek sal hard moet lieg. Al wat ek weet is dat ek gister gedink het dis onnodig toe ek sien my man sit ‘n swartsak in ons asblik, en die ander een is nog nie behoorlik vol nie. Dit natuurlik nadat ek jou stuk gelees het (sug)
LikeLiked by 2 people
Kameel, elke stukkie goed wat jy vir soveel mense doen, help ons om ‘rommelvry’ te leef. Ek dink nou sommernog daaraan dat ek alle ou klere, alles in my huis wat ek nie meer gebruik nie, vir iemand gee,in plaas daarvan om dit net weg te gooi, help tot die gedagte van rommelvry lewe.
LikeLiked by 1 person
🌼🌼ek het ook begin met ‘n sug😉
LikeLiked by 2 people
En kyk wat kry jy nou al alles reg! 😁
LikeLiked by 1 person
Toortsie, jy doen reeds baie. Elke besluit wat mens maak kan mens kies om iets beter te doen. Klein, klein goedjies kan ‘n groot verskil maak. As dit by die goed kom moet ‘n mens nie ‘n alles-of-niks uitkyk aanneem nie. Dit klink oorweldigend en ek het seker 2 jaar gedink voor ek goed begin implementeer het,maar daar is so baie eenvoudige maniere om ‘n verskil te maak. Ek gaan daaroor skryf; die klein goed.
LikeLike
Ja, dis die klein goedjies wat die groot verskil maak.
LikeLiked by 1 person
Jy doen reeds baie goed, Toortsie! Ek hou van al jou idees.
LikeLike
Nie te moeilik nie. 😁
LikeLiked by 1 person