Die selfoon en die sein en die internet is min. Goed laai stadig af hier waar ons is.
Die een oomblik is dit 3G met een strepie, die volgende E. Of sommer No Service.
Ek skryf my skryfsafaristorie en wil net een letter verander, maar dit weier om op te laai. Probeer ek reageer op iemand se opmerkings, sê hulle net dat dit nie gewerk het nie.
Ek is later behoorlik moedeloos!
Op ‘n stadium probeer ek kyk hoeveel lugtyd oor is, maar selfs dít is onsuksesvol. Die foon word afgesit en aangesit, maar geen verandering.
Net voor ek WordPress van my foon afhaal, kom ek sowaar deur:
Lugtyd 0
Data 0
Hellooooo Toortsie!
Nou ja, ek is terug op die lug. Toortsie has arrived. Of het sy? Hoe sal ons ooit weet?
Toortsie
Ek sien jou darem nou weer…😉
LikeLiked by 1 person
Netnet
LikeLike
Ook maar netnet. Dis maar ‘n gesukkel. 😁
LikeLiked by 1 person
Dit is omdat jy met die man op die maan gepla is en nie jou aandag by ons hou nie 😀😀😀
LikeLiked by 1 person
Nooit! 😱😳 Ek het hom lank laas gesien. Dit was nog toe ons op die plaas gewoon het. Ek vermoed eerder die sein is gesteel.
LikeLiked by 1 person
Soms is dit goed om bietjie sonder sein te wees, maar ons sal jou mis!
LikeLike
Dit raak darem al beter. Dankie vir die mis. Weet iemand wat van Hester geword het?
LikeLiked by 1 person
Ek mis haar ook…daar is soveel probleme met Telkom daar by hulle. Lyk my sy is nou heel van die lug af.
LikeLiked by 1 person
Welkom terug! 🙂 En sterkte met die sein, en die data wat normaalweg spoorloos verdwyn.
LikeLiked by 1 person