Ons kuier net suid van die wildtuin by ‘n wildsplaas wat semi deel is van die Kruger Wildtuin. Die seekoeie swem sommer hier naby en ons sien troppe olifante in die verte, rooibokke, selfs buffels. Ons hoor ‘n mannetjiesleeu.
Maar Toortsie wil wildtuin toe. Mens ry nie 1800 km, drie dae aanmekaar, net om die wildtuin te beskou van oorkant die rivier af nie.
Vroeërjare het ek ‘n tipe angstigheid in my gehad as ons die wildtuin besoek het: Watter diere sien ons? Sien ons genoeg diere?
Tot ek agtergekom het: Eintlik is al wat saakmaak dat ek ‘n paar keer olifante sien. Die res is ‘n bonus.
Ons ry ons eerste dag en God stuur troppe en troppe olifante. En natuurlik rooibokke en kameelperde en sebras. Krokkodille. Apies. Koedoes. Waterbokke. Die mooiste blou voëltjies.
Maar dit gaan oor meer as dit. Die afgelope week of wat se gekrap in my gemoed raak ligter, uitgesorteer in die bosveld. Ek raak rustig in my hart. Dit was gister. Ek vra vir manlief of ons vandag weer kan ry.
Hierdie keer sien ons amper nie diere nie. Dis net ek en my gedagtes in die bos en die vrede sak terug in my hart. Die onstuimigheid verdwyn. Skielik besef ek dat dit regtig nie saakmaak dat ons nie diere sien nie.
Toe stuur God die Swartwitpens. Raar. Ewe statig staan hy daar.
Ons besluit om deur die wildtuin te ry na ‘n ander hek, eerder as buite-om. En daar, in die pad, staan sewe witrenosters. Hulle hardloop tussen die bosse in, net om vir ons te gaan inwag in die volgende oopte!
Skielik is daar net orals diere! Sebras, kameelperde, bokke, ‘n hele trop buffels en weer eens renosters. Wat ‘n seën!
Het ek vertel dat ons elke middag die kar iewers onder ‘n boom intrek en ‘n middagslapie vang? 😱😂 Die beamptes het kom vra wat ons maak en was heel tevrede met ons antwoord dat ons ‘n bietjie slaap. Kan jy dit nou oorvertel! 😱
Groetnis
Toortsie
Dis ‘n vredigheid wat mens nie elders kry nie!
LikeLike
En die see. ❤️😁
LikeLiked by 1 person
Oooo, ek verkies die see!
LikeLiked by 1 person
Ek raak bakleierig as ek nie die see op ‘n baie gereelde basis sien nie.
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLiked by 1 person
Wil bitter graag weer wildtuin toe. Was laas daar toe ek klein was…
LikeLike
Ek wens jy kry gou weer die geleentheid.
LikeLike
Miskien bederf Vader my eendag
LikeLiked by 1 person
Heerlik! My hart is skoon saam met julle daar in die wildtuin, Toortsie.
LikeLike
Ek weet jy is bitter lief vir die wildtuin.
LikeLiked by 1 person
Ai, my hartsplek….geniet dit Toortsie! Moet net nie te veel middagslapies vang nie, dalk mis julle iets besonders.😉😉
LikeLiked by 1 person
😆
LikeLiked by 1 person
Oeh ek tel die slapies ! Ons gaan oor ‘n maand of wat ook kuier skuins buite die wildtuin en as die kinders ons toelaat ook ‘n dag in die wildtuin spandeer ..
LikeLiked by 1 person
Geniet dit.
LikeLike
Ek het ookal ‘n slapie onder die bome gemaak tot almal wat verby gaan se groot bekommernis.
LikeLiked by 1 person
😆 almal wonder wat aangaan.
LikeLiked by 1 person
Geniet, geniet, geniet…. daardie middagslapie klink die lekkerste van alles 😊
LikeLiked by 1 person
😳😴
LikeLike
Man, as ek sien hoe die mense gaap, dan kan ek nie help om stilweg te glimlag nie.
LikeLiked by 1 person
Jy moet aan hul vemster gaan klop en julle geheim meedeel..Jy is mos nie bang vir leeus wat jou gaan opvreet terwyl jy jou lig laat skyn nie!!!
LikeLiked by 1 person
Nee nee, dis as die karre van voor af kom. 😬
LikeLike
AL wat ek weet is as jy wil Olifante sien en baieeeeeee naby, dan vat jy my saam. Om die een of ander rede (seker oor ek so bang is), is jy verseker om te sien, baie en naby. Geniet dit, dis die wonderlikste plek ooit
LikeLiked by 1 person
Ek sal onthou!
LikeLiked by 1 person
Ai Toortsie, die Wildtuin bly darem maar die lekkerste plek op aarde ne! Geniet dit terdee – die middagslapies ook!
LikeLiked by 1 person
Ek is lief vir die veld, maar die wildtuin oortref almal.
LikeLiked by 1 person
Die natuur is en bly darem besonders. Ook tans semi-in die wildtuin. Mooi foto ‘s.
LikeLiked by 1 person
Geniet jou semi-wildtuintydjie.
LikeLike