Skryfsafari: Magriet, Magrieta en …

Bondelsgedagtes se opdrag was: Skryf die storie klaar. Die eerste deel van die verhaal van Magrieta en Magriet, die kat, kan hier gelees word.

……………………………….

Magrieta is moedeloos: Die kat kom elke keer terug! Keer op keer neem sy haar terug na die hoofhuis, maar keer op keer, voor sy haar oë behoorlik uitvee, is Magriet weer voor haar deur.

Die waarheid is egter iets wat sy moeilik wil erken: Sy is besig om geheg te raak aan Magriet. Dit raak vir haar al hoe moeiliker om Magriet terug te neem. Na Magriet se baas, die eienares van die plot, se broer. Pieter.

Sy, Magrieta, was nog altyd sku vir mans, dis dié dat sy nog nie getroud is nie. En hy, versigtig vir die skoner geslag.

Maar Magriet, die kieter, het ander planne vir Magrieta, Magriet en Pietergrieter.

Toortsie

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=785036

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

21 thoughts on “Skryfsafari: Magriet, Magrieta en …

Gesels saam, asseblief!