Padreëls

Soos Lekkervurig nou die dag geskryf het: As ons verkeersreëls verontagsaam, help ons om die land se chaos verhoog. Dra ons by tot misdaad.

Die oorspronklike rede vir hierdie bloginskrywing van my, was iets wat ‘n fb-maat twee dae terug geshare het, en toe het ek eers besluit om dit te los. ‘n Ander fb-maatjie se inskrywing het my egter oortuig om wel te skryf.

Eergister se fb post was ‘n stokou een van 2015 waarin ‘n dame oor ‘n stopstraat gery is en deur ‘n verkeersman gestop is. Blykbaar het hy haar sleggesê en het hy die vorm foutief ingevul. Sy vertel nie hoe haar houding was nie.

Ek het die inskrywing as uiters arrogant beleef. Sy wil die verkeersman slegmaak en wil hê dit moet oor en oor geshare word. Name and shame. Dit, terwyl syself die wet oortree het, maar as gevolg van die persoon se tekort aan opleiding, los gekom het.

Vandag staan ons by die rooi robot in Betlehem. ‘n Aankomende motor kom van voor af, verminder nie eers sy spoed nie en ry oor die rooi lig. Voluit.

Selfs in ons klein, ‘onskuldige’ dorpie steur mense hulle nie meer aan stopstrate nie.

Dan praat ek nie eers van spoed nie, en ek maak myself ook soms daaraan skuldig.

Die tweede fb-inskrywing vertel hoe hulle ‘n kop-aan-kop botsing naelskraap gemis het. Dit was ‘n bussie wat teen ‘n blinde hoogte ‘n ander kar verbygegaan het. Genadiglik kon die ongeluk vermy word.

Mense! Toortsie! Blogmaats! Ons móét binne die wet leef. As ons wil hê dinge in SA moet regkom, moet elkeen van ons ons deel doen. As die ander ou dit nie doen nie, is dit op sy boekie, maar ons MAG NIE kla oor wetteloosheid en swak wetstoepassing en al die probleme waarvan ek net so bewus is as ons nie ons deel doen nie.

Daar is die ou-ou reël dat ons eerste moet vee voor ons eie deur, of soos die Bybel sê, eers die balk uit ons eie oog haal voor ons die splinter uit die ander se oog haal.

En nou, terwyl ek hierdie tik, jaag ‘n bliksemse man oor ‘n stopstraat, amper vas in my sy. Ons stop, maar hy ry net aan.

Nou is ek kwaad.

Om terug te kom na die arrogante vroumens wat die vermetelheid gehad het om oor ‘n stopstraat te ry en dan die verkeersman te wil name and shame oor hy sy werk probeer doen, as sy in die eerste plek die verkeersreëls gehoorsam het, sou die optrede van die verkeersman onnodig wees. Dalk sal baie probleme in ons land opgelos wees as ons verantwoordelikheid begin aanvaar vir ons foute.

Groetnis

Toortsie

Advertisements

12 thoughts on “Padreëls

    1. Derde keer wat ek probeer om jou te antwoord. My airtime was al die tyd op!
      Ek wou netjis en ordentlik skryf, tot daai simpel man ons amper om ry. Nou ja, toe praat Toortsie prontuit. 😱

      Like

  1. Sjoe, ja ek stem saam… Elkeen moet sy en haar kant bring. Ons kan nie bly vinger wys as ons nie self die wet kan en wil gehoorsaam nie. Engelse Bybel praat van lawlessness wat heers as niemand meer kies om gehoorsaam te wees nie.

    Ek het gister so ligte toet gegee vir ‘n motor wat oor die stop gery het terwyl ek besig was om oor die kruisiging te ry. Hy het nie eens na my gekyk nie, net die middel vinger teen die ruit gedruk.

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s