Skryf ‘n opstel oor die ou plaashuis. Sjoe! Hier kan jy nou lekker jou verbeelding gebruik. Jy kan eintlik net maak wat jy wil!
Jy kan vooraf besluit of dit ‘n huis is wat nog in gebruik is, en of dit toe staan. Jy kan dit in detail beskryf, al die mooi kamers, die breë gang, ens.
Of jy kan vertel hoe julle altyd by jou oom-hulle op die plaas gaan kuier het en hoe julle sokker in die gang gespeel het.
Vertel van die solder waar al die ou goed gestoor word en hoe julle altyd daar gaan rondsnuffel. Daar is nog briewe van die oupagrootjie en vertel sommer wat in die briewe staan. En ‘n ou babastootkarretjie waarin julle altyd julle poppe rondgestoot het. Vertel dat dit maar ‘n bietjie grillerig is omdat daar spinnerakke is en jy soms daarin vasloop.
Vertel dat dit spook in die ou plaashuis. Hoekom spook dit? Want iemand was vermoor in die huis, of vir baie lank siek en dit was ‘n jongmeisie net voor haar troue. Dink enige rede uit hoekom dit spook. Vertel wanneer dit spook, altyd met nuwe jaar of Paasnaweek. Het jy al die spook teëgekom?
Vertel van die lekker groot stoep waar naweke omgekuier word. Daar is ‘n lekker braaiplek en julle speel outydse speletjies soos vingerbord, ens.
Vertel van die dik mure waarmee die huis gebou is. Dis gebou van klip wat van die plaas af kom. En die pragtige houtvloere en houtlyste.
Of wat van dat dit jou oupa en ouma se huis is en dat al die kleinkinders altyd in die een groot kamer slaap en hoe julle karjakker as julle daar is, al die niggies en nefies bymekaar.
Wat van die groot ou Kaapse wildevy boom wat in die tuin staan waarin julle klim en klouter en speel?
Dalk is dit ‘n bouval wat jy bespreek. Dan kan jy vertel hoe die dak al af is, en dat dit ‘n besonderse groot huis moes wees. Die groot vensterbanke waarin ‘n mens kan sit. Die akkerhoutvloere en plafonne.
Jy kan regtig enige iets skryf wat jou hart begeer. Beskryf die mense wat in die huis woon. Die hartlikheid. Die tuisgebrane koffie.
Die belangrikste? Geniet dit!
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Musiek in die Bybel
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Radio Tygerberg resensie
Dis ‘n lekker onderwerp.
LikeLiked by 2 people