Skryfsafari: Bordspeletjies

In opdrag van Abrie.

Deesdae is ek nie meer regtig lief vir bordspletjies nie, behalwe as ek met kinders speel. Ek is glad nie kompeterend as dit by bordspeletjies kom nie, en het geduld met die kinders. Maar speletjies word volgens die reëls gespeel en ek hou niks van ‘n kroekery nie.

Ek hou baie van Ludo en Uno. Nie van Monopoly nie, behalwe die Monopoly kaartspeletjie, wat vinnig is.

Met die kleinkinders speelek ‘n lekkergoedbordspeletjie, ek dink sy naam is Candyland. Die kinders is mal daaroor en ‘n kleurkaartjie, in plaas van ‘n dobbelsteen, bepaal die volgende skuif.

Met my kinders het ons ‘n nommerspeletjie gesoeel, jammer ek kan nou nie die naam onthou nie. Jy moes altyd tot by 13 tel om ‘n pakkie te maak.

Ek hou van kaartspeel, kon in my jongdae brug speel, maar speel dit nie graag nie, want toe ek kind was het my ma my leer speel. Ek wasnie’n goeie brugspeler nie, maar ‘n lekker beskikbare ekstra hand. Daar was vreeslike streng etiketreëls. As volwassene het ons gespeel, maar die brugmaats het nie by die etiketreëls wat so by my ingedring is, gehou nie. Dit het my grensloos irriteer. Daar is brûe gebou en as my vriend ‘n swak hand het, wil hy kaarte ingooi, gewoonlik wanneer ek die een keer ‘n goeie hand het.

Ons het ook graag Canesta gespeel, maar die oomblik as dit te eeg oor wen gaan, is dit nie meer lekker vir my nie. Bôring, nê?

Vir die vakansie het ek nou sommer ‘n boks vol speletjies ingepak vir my broer se kinders. Saans gaan ons speel vir ‘n vale. Lekker!

Groetnis

Toortsie

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel.

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=784470.

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22)

28 thoughts on “Skryfsafari: Bordspeletjies

  1. My Rots en sy broers het graag brug gespeel toe ons geduld baie en plooie min was.

    Toorts waar is jou link na Abrie se in linkz….
    Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel.
    http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=784470.
    Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22)

    Like

Gesels saam, asseblief!