Iemand anders se skoene

Ek wou graag iemand bederf en terselfdertyd ‘n spesifieke saak ondersteun, sommer twee vlieë met een klap, het ek gedink.

Die persoon het toe nie van die bederf gebruik gemaak nie, om haar eie rede. Dit het my dadelik laat dink aan wat die dominee gepreek het: Ons moet in die ander ou se skoene klim.

Dalk was dit te kort kennisgewing. Dalk was dit nie haar idee van bederf nie. Dalk was dit heeltemal buite haar gemaksone. Dalk sou sy eerder die kontant verkies het. Dalk het sy ander planne gehad vir daardie tyd. Dalk wou sy dit bitter graag doen, maar die omstandighede was net nie daarná nie.

‘n Mens kan so maklik ontmoedig raak deur so iets en dan sommer nie weer iemand bederf nie. Dalk moes ek die ontvanger van die bederfie meer in ag geneem het. Dalk moes ek dit eers behoorlik met haar bespreek het. Sommiges mag selfs sê dat ek onsensitief was.

Dit hang net af in watter skoene jy staan! En omdat dit so baie afhang van die skoene waarin jy staan, mag dit gebeur dat die redes en maniere van doen, totaal verskil.

Ek het tot die slotsom gekom: Dit was vir my lekker. 🙂 Om die waarheid te sê, dit was sommer vir my ekstra lekker. Toe ek die gedagte van die bederf in my kop kry, was ek skoon opgewonde. Dit was lekker om dit te gaan aflewer, ongeag wat sy daarmee maak. En ja, ek sal dit weer doen.

Dalk is my bederf die volgende keer in die kol, dalk nie. Dalk is dit glad nie in die persoon se smaak nie, dit maak nie saak nie. Tog wil ‘n mens darem graag iemand bederf op ‘n manier waarvan hy sal hou, of hoe? Dis tog waaroor ‘n bederf gaan. En ‘n bederf gaan ook soms om vir iemand iets te gee of te doen wat hy nie vir homself sou doen nie. Dis juis hoekom dit ‘n bederf is!

Laat ons in die ander se skoene inklim. Laat ons beleef wat hulle beleef. Laat ons nooit moeg raak van goeddoen nie.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Musiek in die Bybel

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

13 thoughts on “Iemand anders se skoene

    1. Toorts ek weet nie of jy die bdskap gekry het waar ek jou vra om asseblief vir seegogga te help hoe om my blog te follow nie. Sy sien nie daardie drie kolletjies onder regs nie 🙂

      Like

Gesels saam, asseblief!