Sjoe! Hoe word ek nou aangepraat!

Ek vang myself dat ek my een oog op my selfoon hou terwyl ek stiltetyd hou en dit pla my. Dis nie reg nie. As ek stiltetyd hou, moet ek stiltetyd hou, die boodskappe op my foon sal tog nie weggaan nie!

So lees ek mos maar altyd die Bybel van voor af deur en hier tref Maleagi my. Oeee, in Maleagi praat God reguit. Op die man af. Calls a spade a spade. Draai nie doekies om nie. Hy praat Sy hart uit.

En ons mag kies of ons gaan luister wat Hy sê en of ons dit gaan ignoreer. Of ons gaan sê, aaaagggg dis Ou Testamenties, en of ons gaan besef dat die presies dieselfde God is wat in die Ou Testament praat as die Een wat in die Nuwe Testament praat, ‘n God wat NOOIT verander nie.

Sommer in Maleagi 1 sê God ons gee Hom nie die eer wat Hom toekom nie. Hy noem die onrein voedsel wat ons na Sy altaar bring, die swak gehalte offers wat ons bring en vra, as ons dit vir ons president of ons burgemeester of watter vooraanstaande sou neem, of hy gelukkig sou wees daarmee? Sal ons selfs daaraan dínk om vir iemand ‘n swak geskenk te gee, wie dit ook al is? Verbrande beskuit? Vleis wat af is? Ons sal dit mos nie doen nie?

En ek besef: As ek stiltetyd hou en my een oog op die selfoon is, gee ek mos nie my onverdeelde aandag aan God nie, is my selfoon en die moontlike boodskap of kommentaar op my blog, belangriker as my tyd met Hom.

En ek wonder: As ek met ‘n belangrike persoon ‘n afspraak het, sal hy gelukkig voel as ek die hele tyd op my selfoon ook nog loer? Sal my ma daarvan hou as ek die paar minute wat ek by haar kuier, nog op my selfoon ook rondkrap? Dis mos ‘n klap in haar gesig! Of hoe?

Nou hoe op aarde kan ek dit doen terwyl ek met die Allerhoogste God in gesprek is, wanneer ek tyd met Hom spandeer en Hy Sy onverdeelde aandag vir my gee? Dan is ek mos besig om Hom te beledig?

Dit gaan nie oor reg en verkeerd nie, of oor straf en nie straf nie, en oor ‘n God wat liefhet of ‘n God wat mense dink net wil straf nie. Dit gaan oor ‘n baie eenvoudige ding: Respek.Respek vir die persoon of die God met wie jy besig is. 

Toortsie! Jy moet luister en jy moet mooi luister, hoor jy?

Toortsie

Toortsie by Finesse: Musiek in die Bybel

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

22 thoughts on “Sjoe! Hoe word ek nou aangepraat!

  1. Ek het myself gedwing om alle ‘notifications’ se klank af te stel, so net ñ oproep maak ñ geluid. Nie eers vibrasies word toegelaat nie. Dit werk vir my, want ek begin deesdae vir lang rukke van my foon vergeet. En almal in my wêreld weet, as dit ñ noodgeval is, bel jy vir ma, jy sms nie. Hierdie oefening bring sy eie probleme tafel toe… Neuroties skrik ek elke keer as ek sien een van die kids bel my. Ai, is dit ouderdom???

    Liked by 1 person

    1. My foon is permanent op silent, want al wie eintlik bel, is telebemarkers. Ek bel maar terug as ek ‘n oproep gemis het. Dalk moet ek ook gaan kyk om al die ander klanke af te sit, dan kan ek weer hoor as my foon lui.

      Liked by 1 person

  2. Ek vind ook om jouself heeltemal af te skakel van die buitewêreld terwyl jy stiltyd hou amper onmoontlik geraak het. Die foon het ons “Asherah poles” geraak…. ok miskien is dit bietjie dramaties… maar dat hy ons gehook het is verseker.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!