Verslawing is ‘n verskriklike ding. Dit maak nie saak wát die verslawing is nie, dit steel by jou.
Nie alle verslawings is ooglopend sleg nie. Ongelukkig is hy geslepe en is sy doel om beheer oor jou te neem. Jy raak sy onderdaan en almal moet toegee aan sy vereistes.
Soms kan verslawing ‘n persoon se hele persoonlikheid verander dat dit onmoontlik raak om met die persoon saam te leef. Die persoon raak dalk ‘n boelie wat almal om hom stukkend slaan sodra die substans oorneem. Maar dis genadiglik nie altyd die geval nie.
Soms is die verslawing regtig ‘onskuldig’, soos byvoorbeeld koffieverslawing. Wat kan nou daarmee verkeerd wees? Solank dit net by ‘n koffieverslawing bly.
Of rook. Wat is nou daarmee verkeerd? Ja, dis nie altyd lekker vir die nie-rokers in die omgewing nie, maar rook kalmeer die persoon, so hoekom kla daaroor? Behalwe natuurlik dat jou hele liggaam vergiftig word en jy longkanker kan kry. Keelkanker.
Dwelms. Ja. So maklik kom die verslawing, selfs van een keer se gebruik.
Kalmeerpille. Pynpille. Voorskrifmedisyne. Energiedrankies.
Kosverslawing. Ek ken hom. Ooglopend onskuldig, maar stilletjies neem hy jou lewe oor, neem hy jou gesinsgeluk oor. Steel hy van jou en almal om jou. Raak dit vir jou en almal om jou ‘n ongemaklikheid. Beïnvloed dit hou hele gesin se bestaan, vakansies, manier van leef, dit wat ons mag sê en nie mag nie. Steel dit jou gesondheid.
Drankverslawing. Alles draai om nog ‘n glasie, nóg ‘n bottel. Ja, nie almal raak bakleierig nie, sommige bly die dierbare teddiebeer wat hy is, maar die drank steel en steel en steel. Dit maak die organe siek. Dit steel die persoon se werk, sy konsentrasievermoë, sy vaardighede, sy denkvermoë.
Elektronika.
Skuld. Ja, mens kan verslaaf raak aan skuld en nooit genoeg kry nie.
Die probleem is dit: Niemand van ons weet voor die tyd hoe ons liggaam op ‘n sekere substans gaan reageer nie. Byvoorbeeld drank: Die een persoon kan elke dag sy glasie drink en kom niks daarvan oor nie, die ander persoon het slegs een glasie nodig om aan te hou en aan aan te hou en nie op te hou voor ‘n sekere vlak van alkohol in sy liggaam is nie. En die behoefte raak mettertyd meer en meer en meer. Verslawing is ‘n progressiewe siekte wat erger raak, selfs al gebruik jy nie die substans nie.
Verder lei die een verslawing tot die ander. Die skynbaar onskuldige verslaafdheid lei tot die volgende een wat nie so onskuldig is nie. Dit breek ons liggame en ons selfbeheersing, ons selfvertroue, af, en kort voor lank het ons die volgende substans nodig om ons te help staande bly.
Verskriklik belangrik: Verslawing tref nie net slegte mense nie. Elkeen van ons is moontlike teikens van die verslawingsduiwel. Goeie mense, dierbare mense, Chrisenmense, raak verslaafdes.
Dit breek my hart. Mag ons sterk staan teen die kloue van die verslawingsduiwel. Mag ons die moed aan die dag lê en werk maak van ‘n verslawing wat ons dalk het om dit te oorkom. Mag ons die krag hê om ‘n verslaafde in ons gesin goed te hanteer.
Toortsie
Toortsie by Finesse: Trots op my dorp
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Radio Tygerberg resensie
Dit kom meestal sommer vanself. Jou brein word deur jouself oortuig dat dit nie te sleg is nie, of net nog enetjie!
LikeLiked by 1 person
Dat jy nou vandag van alle dae daaroor moet skryf. Ai Toorts 😢 Ek hou van jou nuwe gesig 💜
LikeLiked by 1 person
Ek is so jammer jammer jammer.
LikeLiked by 1 person
Dis waar wat jy sê dat dié om die verslaafde net so swaar kry.
LikeLiked by 1 person
Ek dink selfs soms swaarder.
LikeLiked by 1 person
D
LikeLike
Ag Toorts dit lyk ook mos nie reg nie….. bedoelende daar doer bo by kameel. Moet my hele adres daar wys? Ai, Ai die Griekse les!!!!
LikeLike
Ja dit moet wys. Dan, as mense op jou naam kliek, kom hul by jou blog uit.
LikeLike
Is dit die url wat jy verander het. Jou naam moet steeds kameel wees
LikeLike
Hul vra 3 goed: Naam (Kameel); url en email. Verander slegs url
LikeLike
Gaan weer probeer….hier gaan ek.
LikeLike
So, jy tik die kommentaar.
Dan kyk jy onder die kommentaarblokkie staan: Kameel: Jy lewer kommentaar met jou rekening by WP.com. (Log out/Verander)
Kliek op verander.
Dan vra hulle jou naam: Tik daar kameel in.
Dan by URL: Dis die webadres https://kameel…
Epos: Bly dieselfde
LikeLike
Ek dink jy het nou jou naam verander, nie die url nie.
LikeLike
Daar waar Toortsie.wordpress gestaan het… het ek daai kameelstorie ingesit. Soos jy kan sien staan kameel nou alleen daar maar is aan niks gelink nie. Ag nee Toorts…. kan jy dit nie vir my doen nie? Ek is hopeloos rigtingbeduiweld.
LikeLiked by 1 person
Lyk nou reg. Maar kameeltjie,wordpress bestaan nie meer nie. In die plek daarvan moet die nuwe een kom
LikeLiked by 1 person
Op my foon werk dit nogsteeds nie… ek lees gou by scrapy en sal sien wanneer ek kommentaar lewer op my rekenaar wat maak dit.
LikeLiked by 1 person
Sorry
LikeLike
Nikse sorry nie. Als reg. ❤️
LikeLike
ek
LikeLiked by 1 person
Reblogged this on Wag 'n Bietjie.
LikeLike
Dankie
LikeLiked by 1 person
Verslawing is ‘n vreeslike ding. Dankie dat jy ons weer bewus gemaak het van beide kante van die saak.
LikeLiked by 1 person
Baie waar Toortsie. As ‘n eks verslaafde kan ek net beaam, dit verg wilskrag. En baie daarvan. Soos Paulus sê, die wat vleeslik is bedink vleeslike dinge. Verslawing het ‘n houvas op ‘n mens totdat jou lewe aan God oorgegee is.
LikeLiked by 1 person
Moeilik moeilik moeilik
LikeLike