Vlieënde vroue

Sjoe! In Sagaria 5 lees ek ‘n interessante storie raak.

Sagaria droom dat ‘n engel sy aandag vestig op ‘n graanmandjie wat aankom. Toe hy die ronde looddeksel van die mandjie oplig, sit daar ‘n VROU daarbinne. Die vrou wil natuurlik uitkom, maar die engel klap haar terug, want hierdie vrou verteenwoordig alles wat sleg is.

Toe kom daar twee vroue met vlerke, amper soos sprinkaanvoëls, op die wind aangesweef. Hulle tel die mandjie op en neem dit na ‘waar dit hoort’: Sinar, waar die toring van Babel gebou was.

Ek hou so van die Leefstylbybel vir Vroue se kommentaar. Hulle wys daarop dat ons as vroue kan help om al die dinge wat ons samelewing sleg maak, verwyder. Ons as vroue kan help om ons samelewing gesond te hou. Ons het ‘n fyn aanvoeling vir reg en verkeerd en ons weet wanneer iets teruggedruk moet word in die mandjie omdat dit sleg is, en wanneer om dit vlerke te gee omdat dit goed is. Ons as vroue hoef nie passief te wees nie, ons kan in beweging kom en die slegte dinge uitroei. (Leefstylbybel vir vroue Bl 1166)

Komaan, ons kan! Sonder om bra’s te verbrand en die mans te probeer afbreek, kan ons ons plek in die samelewing volstaan, kan ons op ons vroulike manier van die wêreld ‘n beter plek maak. Die wêreld het juis ons sagtheid, ons insig, ons intuīsie nodig om ‘n verskil te maak, om liefde te gee in ‘n liefdelose wêreld, ‘n sagte hand waar nodig, dien selfs al sien niemand dit raak nie. Kom ons gee onsself, en ander vlerke en vlieg hoog! Ons kan!

Sodat God daardeur geëer kan word.

Kyk wat skryf Liefgodgrootliks. Kom ons kom in beweging, nes hierdie twee vroue in Sagaria, kom ons wees die een wat bereid is om ‘n verskil te maak. Selfs die kleinste poginkie maak dalk ‘n groot verskil in iemand anders se lewe.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se reeks oor vroue in die Bybel kan HIER gesien word.

Toortsie by Finesse: Trots op my dorp

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

 

Advertisements

16 thoughts on “Vlieënde vroue

  1. Vroue is sterk en het groot krag, invloed in die samelewing. Ek is vandag diep gelowig (maar nie godsdienstig nie) hoofsaaklik agv my oorlede Ouma Bertha se lang gebede elke oggend vyfuur – hardop het sy gebid, op die naam, vir elke kind, kleinkind, agterkleinkind en verder. Vroue bid beter as mans, vroue kan die wêreld verander alreeds deur gebed. Maar dit bly nie by gebed alleen nie.

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s