In die verkeer

So sê die GPS dat ons net 18 km hoef te ry, maar dit gaan 59 minute neem. Genade! Is dit dan ‘n stuk swak pad, of wat?

Maar nee, dis net ‘n stukkie Sir Lowrey’spas. Blykbaar padwerke of iets. Ons sit nog in die stroom karre en bietjies-bietjies kom karre van voor af.

Ons boeremense ken mos nie eintlik so iets, om vir ‘n uur vas te sit in ‘n paar kilometers nie. Padwerke ken ons, maar die ergste spitsverkeer waarmee ons te doen kry, is die tien minute voor die skool begin in die oggend. En natuurlik RSG se verkeersverslae.

Ek dink aan die storie wat Amoré Bekker een keer voorgelees het van die man wat besluit het om hom nie te vererg in die verkeer nie en net in sy baan te bly en hoeveel minder gestres hy by die werk aankom, teenoor sy kollega wat heen-en-weer tussen die bane beweeg en opgestres en heelwat later as hy by die werk aankom.

‘n Taxi maak sowaar ‘n baan 3 in die linkerkant! 😱

Langs ons ry ‘n bakkie met ‘n kappie wat oopstaan. ‘n Baie gesellige en vriendelike man ry agterin, maar hy is bedrywig. Hy is in gesprek met die mense in die kar agter hulle. Dan klim hy uit en gaan maak eers in ‘n draai in die bossies. Terug in die bakkie. In en uit. Uiteindelik is hy tevrede en rustig toe hy ‘n bier gebedel kry by die volgende kar.

Nou ja, dis my stukkie ervaring van die verkeer. Dankie tog dis nie my lewe om dit elke dag te doen nie.

Ons sal darem seker vanaand nog by ons bestemming uitkom!

Groetnis

Toortsie

14 thoughts on “In die verkeer

  1. 54 minute om 3.7 km in net een woonbuurt af te lê. 154 minute om 11.8km stad toe te ry. Metrorail met al sy moeilikheid is steeds beter as motorry in die stad.

    Liked by 1 person

      1. Ons woon nou in Seepunt, dis kleiner as Hermanus, veilig en verkeer is maklik. Nie soos waar ons eers was nie. Hier ken almal mekaar en meeste loop waar hulle wil wees. Kkeindorpse atmosfeer. En dis lekker so!

        Liked by 1 person

          1. Kaapstad middestad is soos ‘n dorpie. Almal ken al vir almal, ons kyk uit vir mekaar. Dis regtig lekker hier. Almal kom met almal oor die weg, ongeag ras, taal of geloof. Dalk kan SA by ons kom leer. In ons dorpie. 🙂 Daai ene met die plat wasklip en skuite in die baai.

            Liked by 1 person

  2. Het is net of je een verhaal geschreven hebt hoe het verkeer er hier in Vlaanderen en Nederland verloopt.
    Net dezelfde problemen.
    Daarom heb ik mijn auto omgeruild voor een fiets, ben er veel sneller mee door de stad dan met de wagen en voor langere afstanden neem ik de trein of bus.
    Groetjes van uit Tienen in België
    Theo

    Like

  3. Ek onthou hoe ek tien jaar terug ses uur in die oggend moes ry om 50km af te le om agt uur betyds by die werk te wees. Genade! Elke dag! Nou is die naaste wat ek aan verkeer kom soos jy se, die tien minute in die skool toe verkeer.

    Liked by 1 person

  4. Oef, ek onthou ook die ure op pad werk toe (“werk” was in die middestad). Nou beskou ek meer as drie motors as ‘n traffic jam en wee my mede-padgebruikers op daardie dae wat ek genoodsaak is om in die stad rond te ry.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!