Hoekom skryf ek keer op keer wenke oor opstelle? Ek weet nie eers of dit enigsins vir iemand help nie!
Lank gelede het ek iets geskryf oor ‘n opstel of ‘n mondeling of iets. Sedertdien stuur Google gereeld mense na my met onderwerpe: Skryf ‘n opstel oor gestremdheid; Skryf ‘n opstel oor my huis die beste plek; Skryf ‘n opstel oor … Ek is nie seker of dit juffrouens is wat onderwerpe soek nie, of mammas wat idees soek nie, of kinders wat besig is met hulle huiswerk nie. Dalk soek iemand net idees om ‘n opstel te skryf, dalk soek iemand ‘n klaarverpakte opstel om net af te skryf, wat hy nie hier sal vind nie.
In my hart wil ek uitroep dat dit asseblief nie mammas is wat hulle kinders se werk doen nie. Asseblief nie! Mammas, moenie dit doen nie. Moenie julle kinders se opstelle skryf nie. Daardeur help jy NIE jou kind nie, al voel dit vir jou so. Daardeur VERSWAK jy jou kind. Die doel is dat jou kind ‘n skryfgeleentheid sal kry, ‘n geleentheid om sy gedagtes te probeer neerpen. Ja, dalk kry hy hierdie keer ‘n swakker punt as hy dit self geskryf het, maar vir hom beteken dit soveel meer om dit self te doen sodat hy dit volgende keer beter kan doen. En wie sê dat syne swakker gaan wees as joune? Hy het dalk ‘n verborge talent wat smeek om uit te kom. Gun hom die kans om dit te doen, asseblief.
Wanneer ek dan oor ‘n opstelonderwerp skryf, is my doel om sommer die persoon se kop aan die dink te sit. As kind was my grootste struikelblok nie om die opstel te skryf nie, maar WAAROOR. WAT skyf ek? Ek kon net nie genoeg woorde bymekaar kry nie. My werk was ‘n gekrap.
Daarom probeer ek sommer gedagtes deel van waaroor om te skryf. Nie skryfstyl nie, want ek weet nie presies hoe die onderwysers die werk wil hê nie. Ek moedig kinders ook aan om oor hulle eie ervarings en gedagtes te skryf. Ons almal het ‘n storie, ons moet net oor die bruggie kom en leer om dit neer te skryf. Ons moet die moed bymekaarskraap om ons storie te verwoord.
Een van die grootste foute wat ek my lewe lank gemaak het, was om te skryf soos ek dink die juffrou wil dit hê. Natuurlik moet ons die riglyne volg, maar skryf dit wat jy wil skryf, dit wat op jou hart is.
As dit vir net een persoon help, dan was dit die moeite werd. Die opstelle is almal HIER te kry.
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Verrassend anders
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Radio Tygerberg resensie
Opstelskryf was vir my lekkerop skool. Maar ai, die vervelige onderwerpe! Vandag besef ek die fout was nie by die onderwerpe nie, maar by my eie verbeelding.
LikeLike
Ek dink net ons het geen lewenservaring gehad nie. Hoe moes ons weet WAT om te skryf. Maretta Bellingan het een keer ‘n idee in my kop gesit en daar skryf ek ‘n opstel van my eie wat mnr van Zyl vir die klas voorlees. Die volgende week vra ek weer by haar vir ‘n idee en loop myself in ‘n slaggat in 😂
LikeLike
Een keer moes ons ‘n afsêbrief skryf in St 6. Ek het nog pop gespeel, nie eers gedink aan kêrels nie! Ek het my eerste kêrel op universiteit gekry. Dit was ‘n fiasko. Die onderwyser het ‘n grap van my gemaak.
LikeLike
Almal is nie kreatief as dit by gedagtes neerpen, kom nie. Jy is egter reg…dit moet geoefen en ontsluit word en oorywerige mammas doen baie skade met ” hulp” aan kinders. Die beste manier om dit stop te sit, is dat die opstel in die klas geskryf word. Ons het dit nooit tuis gedoen nie.
LikeLiked by 1 person
As kind was dit vir my ‘n berg en ek wou so graag ‘reg’ skryf. Die eersteding wat my ma elke Vrydag as ek by die huis kom, gevra het, was wat die opstelonderwerp was en ek het dit altyd verkeerd hanteer!
LikeLiked by 1 person
Ek dink dis waar my skrywery begin het. My onnie se kommentaar op een van my opstelle was ” jy kan in n puik skrywer ontwikkel”. Dit het my motiveer om te probeer en ek kon haar woorde nooit vergeet. Dankie Vader vir sulke mense
LikeLiked by 1 person
Wonderlik!
LikeLike
Ek is in standerd 7 of 8 uit die klas uitgejaag na ‘n onnie gesê het my opstel oor my aand saam met Cliff Richards was my ma se werk…. dis te goed geskryf. Natuurlik het ek haar geback- jat…. liewe wat weet my ma van Cliff af… ek was mal oor hom.
LikeLiked by 2 people
Sien jy nou!
LikeLike
My Afrikaanse onnie het daai dood gedruk by so baie, nie net opstel nie, maar Afrikaans self. My baie lank na skool gevat voor ek besef het ek sal haar nie langer daai ‘power’ oor my of my taal gee nie, sy het genoeg verwoes in haar lewe. En vandag is ek baie bly, sukkel nog met goete skryf, maar geniet dit vreeslik en hier laat julle my dink aan stories en Afrikaans, dankie🌻
LikeLiked by 1 person
Soveel keer praat mense maklik, maar skryf daardie selfde praat neer, dan kan hulle nie. Ek dink dis ‘n rivier wat jy moet oor, om jou gedagtes neer te pen, en as jy daar oor is, is dit so maklik.
LikeLike
Opstel skryf het gesorg vir baie hoë punte in my taalvakke en ook maar goed, want aan die taalreëls het ek my minder gesteur. My matriekonderwyser het my ‘n “vrystyl”-skrywer genoem – ‘n mooi manier om te sê ek verwoes die taal so effens 😀 Ek kry ook baie opstel-navrae hier by my, met “opstel my vakansie by die see” natuurlik voor in die koor. Dis darem goed om te sien die kinders soek vir inligting en inspirasie, rammel nie net die taak af nie.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop net hulle soek inligting en nie klaarverpakte opstelle nie! 😁
LikeLiked by 1 person
Dit laat my nogal wonder hoeveel van die bloggers se poste verskyn op die onderwyser se tafel? 😀 😀
LikeLiked by 1 person
Ek vermoed BAIE. 😁
LikeLiked by 1 person
Maar die onderwysers sal dalk later sekere opstelle herken as dit jaar vir jaar verbykom.
LikeLiked by 1 person
Ja en as die onderwysers weet hoe om op die internet te soek, sal hulle ook later die blogs vind. Dalk is dit juis die onderwysers wat die kinders verwys na spesifieke blogs.
LikeLiked by 1 person
Mens weet nooit!
LikeLiked by 1 person
Ek kon nooit in gevleuelde woorde skryf nie en ek dink dit was wat die voorgeslagte gesoek het. Ek hou ook meer van vrystyl.
LikeLiked by 1 person
Ons kan darem goeie geskrifte waardeer.
LikeLiked by 1 person
Ek het kleintyd vir my niggie begin stories skryf. As ons mekaar vakansies gesien het, kon ek dit vir haar voorlees. Op skool het die te veel reëls my ook bietjie lamgelê. My Afrikaanse hoërskool onnie het ook glad nie ñ liefde vir die taal gehad nie, dit was maar net ñ vak. Ai.
LikeLiked by 1 person
O en wat het van daardie stories geword? 😱
LikeLike
Onderwysers op skool kan so baie kreatiewiteit dood druk met hulle idees van skryf. Gelukkig is daar die wat dit raaksien en aanmoedig.
LikeLiked by 1 person
Jong, wat vir een kind werk, werk weer nie vir die ander een nie. 😁
LikeLike