Kameel – Los my foon

Screenshot_2018-06-02-09-22-10

Ek is in groot moeilikheid by my kinders…. en dis die bloggers se skuld. Ok, ok nie rêgtig nie…. maar ek weet nie hoe om julle geheim te hou nie. Die foto hierbo wys hoe ek op my foon by julle blogs uitkom, en ek keer maar woes dat my foon privaat bly. Sien my kinders weet nie ek blog nie…. en dis baie beter so.

Vrydagaand is familieaand, dan eet en kuier die naby bly kinders – en hulle families – of by die Voëlnes of by die groothuis. Gisteraand was weer sulke tyd. Marlé vertel my van haar nuwe Francine Rivers boek wat sy gekoop het. Natuurlik wil ek hom ook lees en sy sê sy sal hom vir my op die e-leser laai. Ek het nie ‘n clue gehad sy bedoel op my foon nie, en toe ek weer sien sit sy met my foon in haar hand. Die volgende oomblik vra sy kliphard “WAT HET MAMMA HIER OP DIE FOON?!!!! en sy lees vir almal se ore lekkervurigeaffêre, Nievirkinders. maar voordat sy verder kan gaan stop ek haar met “Los my foon uit!!”

Ek weet nie wat die klomp kinders en skoonseuns nou dink nie…. wil ook nie hoor nie. Gelukkig het ek darem iets uit die “deal” gekry…. ‘n e-leser met Francine Rivers se nuwe boek…. en dit op my foon. 😊

Geniet julle naweek

55 thoughts on “Kameel – Los my foon

    1. As jy net weet hoeveel keer Vuurvliegie ek jou in my gedagtes. Ja nee, ek kannie van julle vergeet nie… julle is heeldag voor my oë. Doen mos deesdae alles op die foon.

      Liked by 1 person

    1. Dis so lekker om jou by ons te hê. Ek het jou vreeslik geniet met ons vervolgverhaal… die manier waarop jy jou vinger op die pols gehou het… en jou sêgoed. Ek wonder ook oor jou gemoedstoestand…. beter… of weer piekfyn?

      Like

        1. Ag dis nou mooi gestel. Het eenkeer oor my eie sandhopie geblog nadat ek ‘n boek gelees het waarin die dogtertjie so baklei het om darem net haar eie sandhopie te behou toe die kinders besluit het om almal se sandhopies op een hoop te gooi.

          Like

  1. Hiehie, as ek jy is is sal ek daai foon diep wegsteek, want nou is die kinders vrek nuuskierig en gaan elke geleentheid aangryp om die raaisel op te los. Verbeel jou – “lekkervurig”, “nie vir kinders nie”, whahaha.

    Liked by 1 person

    1. Ek het al gesê ons is ‘n paar vrouens wat met mekaar gesels…. maar hulle dink dis FB. Sou hulle van die blogs lees gaan dit hulle nie lank vat om my daar te herken nie.

      Liked by 1 person

        1. Ek kan jou belowe hulle sal my vasvat. Ek het net gisteraand raas gekry by Chanté omdat ek fotos van hulle op.Fb sit en ‘n vreemde vrou (kindervriendin van Marlé) haar in ‘n winkel stop en sê sy ken haar deur “jou ma se Fb fotos.”

          Liked by 1 person

        1. Ek is bly jy hou van my volwasse look 😊
          Ek het gister ‘n stukkie geskryf wat ek aan jou wou wy… wat my kleinseun van musiekeksamen dink. 😀😀😀 So musiek word met jou geassosieer!!!

          Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!