Toortsie se voelgoedstorie 24

Soos wat dit verskyn het op Finesse se Voelgoedblogs in Augustus 2016. Ek wéns vir so ‘n pannekoekbakdag! Ons het reën baie baie nodig.

40 thoughts on “Toortsie se voelgoedstorie 24

  1. Nou wonder ek sommer of jy nie die plaaslewe mis nie. So kan jy nie in Bredasdorp rondloop nie…. bedoelende die veld en beeste, canolas, kolganse ens.

    Liked by 1 person

              1. …en haar oë is skaam;
                en sy lag saggies…
                Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
                en hulle kruip nader en sing saggies:
                “Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”…
                sy trap af van die hoogte;
                sy sprei die vaal karos met altwee arms uit:
                die asem van die wind raak weg.
                O, die dans van ons Suster!

                Like

  2. So gaan ek saam met Lienke se klas op ń uitstappie nou die dag en daar val ń paar druppels, waarop Lienke uit gil “It is raining now we can have South African pancakes”. Die mamma wat naaste loop wil toe weet wat is South African pancakes, hulle bak mos groot plaatkoekies hier en noem dit dan pancakes. Ek moes toe mooi verduidelik. Terwyl ouma hier kuier beteken elke reënbuitjie, hoe min ookal vir Lienke, ouma moet pancakes maak. Sy sê nou die dag “Ek hou so baie van ouma want sy maak vir my pannekoek”. ( Ja, ons pop kan nog afrikaans praat, welliswaar met ń Kanadese aksent”)

    Like

Gesels saam, asseblief!