Toortsie oes grondboontjies

Kan jy dit glo? Toortsie het loop grondboontjies oes in die Vrystaat. Of moet ek eerder sê, sy dínk sy het help grondboontjies oes!

Die grondboontjieboere moenie nou Toortsie se borrel bars nie, hoor!

Grondboontjes dra mos onder die grond, anders as ander boontjies, wat bokant die grond dra. Ek verstaan dit mos reg, né?

Wanneer die grondboontjies oesgereed is, word dit uitgehaal, soos in die foto’s hierbo gesien kan word.

Die boontjies lê dan ongeveer vyf dae om droog te word.

Volgende kom die stropers wat die peule van die plante afoes.

Die word in massawaens opgevang en afgetap in groot sakke, waarna dit na die verwerkers gaan wat dit ontdop en in sakke verpak, gereed om na die groothandelaars te gaan, wat dit rooster en verpak vir die winkels.

Maar dis nie al nie. Ons het pekanneute ook geboer.

Hoe beskryf ‘n mens die saligheid, die vrede, die koelte, die rustigheid tussen die bome?

Die boervrou doen die mooiste kwiltwerk, my mond het oopgehang. Kyk waarmee is sy tans besig.

Dit word alles met die hand gedoen en die mikpunt is ‘n koningsgrootte bedsprei!

Van die boeregasvryheid op sy beste wat ek beleef het, kan ek net my kop skud. Dit was iets om te beleef.

Dankie, julle Vrystaters het julleself behoorlik oortref!

Groetnis uit die Kaap.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Verrassend anders

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

25 thoughts on “Toortsie oes grondboontjies

    1. Langs die Oranjerivier by Hartswater word tans boorde en boorde aangeplant. Dit het skielik ‘n boerbare bedryf geword. Maar dis duuurrr ‘n Boord neem 6 tot 8 jaar voor dit begin dra.

      Liked by 1 person

  1. Vrystaters is loshande die mees gasvrye boere in die land, ons het oraloor gereis vir besigheid en het dit oor en oor gesien. Die Noord-Kaap staan ook nie terug nie. Ons mis dit nogal.

    Vriend van my het gereeld onderdeur geboer. As hy kon rotte vang, sou hy skatryk kon wees. Ek praat hom toe in ‘n land grondbone in en dit was hulle beste jaar ooit. Ewe skielik was daar kontantvloei.

    Liked by 3 people

      1. In die Wes-Vrystaat 0.3 ton per ha. Grondbone boer myle beter, ek weet nie hoekom hulle in die eerste plek die smaaklose ou witmielies plant nie. Dit dra skaam.

        Like

        1. Grondboontjjes is ook maar wisselvallig. Jy kan blykbaar nie 2 jaar na mekaar grondboontjies op dieselfde land plant nie. Hierdie boer plant een jaar grondbone, jaar2 mielies, jaar 3 rus die land.

          Like

  2. Laat jy my terugverlang plaas toe as kind. Klim op die droeë hoop grondboontjieplante en daar sit jy…pluk vir jou grondboontjies… dop dit uit, en eet jouself trommeldik.

    Liked by 3 people

      1. Ek het lank terug klasse geneem, en ñ paar stukke klaargemaak. Met al ons rondtrekkery is my patrone weg, so ek gaan moet plan maak om dit iewers in die hande te kry. Maar die materiaal gaan ek defnitief môre koop.

        Liked by 1 person

  3. Soos Pasela sal sê sjoh!!! Ek love peanuts en sy nog meer. Dalk moet ek n paar plant. Die kwilt is pragtig maar ek is nie geseend met daai talent nie. Mense sal my betaal om NIE naaldwerk te doen nie! Waarvoor julle my wel lus gemaak het is daai boete gasvryheid en ‘n laaaang kuier om iemand se tafel

    Like

Gesels saam, asseblief!