Die effek van radio

Een dag, nie te lank gelede nie, stap ek in ons dorp se Checkers verby ‘n ma en haar dogter. Ek hoor net terloops dat die dogter sê dat hulle seker op RSG van een of ander produk gepraat het, nou is dit uitverkoop.

En ja, ek noem RSG ons universiteit. Destyds was die VLV mos bekend as die universiteit van die platteland. Ek wonder hoeveel mense leer sommer baie dinge net deur na RSG te luister.

So gaan lê ek saans met kasteroliewattetjies op my oë, danksy Antoinette Pienaar en Amoré Bekker se lekker geselsies en het ek vir lank met ‘n aartappel in die bed geslaap. Dalk moet ek dit weer begin doen en sal ek minder rugpyn kry!

Oor die effek van radio: ‘n Dag of wat gelede hoor ek toevallig dat Amoré praat van iemand wat gaan kom praat oor spekbome en spekboomresepte. Ek het ongelukkig nie die regte praatjie gehoor nie, maar ek het die effek daarvan gevoel! Kan jy nou meer!

Jare gelede het ek ‘n bloginskrywing oor spekbome gemaak. Hoeveel mense het natuurlik by tannie Google gaan probeer kers opsteek ná hierdie praatjie op RSG en by Toortsie se spekboomstorie uitgekom! 😁

By die soekenjinskakels is ook net spekboom in alle vorme, niks opstelle of moedeloosheid of ander nare goed wat ek nie wil noem nie!

Wel dankie, RSG, sonder dat julle dit besef, skop julle sommer lewe in ou Toortsie se blog!

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Verrassend anders

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

11 thoughts on “Die effek van radio

    1. Ek luister ook graag RSG. Dit hou jou op hoogte van die belangrikste nuus, maar jy word nie oorval met al die nare goed wat in die land gebeur nie. Die gesprekke is ook opbouend en jy voel altyd goed as jy geluister het. (Ek luister meer in die namiddag as in die oggend, so dan is dit regtig kuierprogramme.)

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!