Ek is sommer nuuskierig. Wie sal leser nommer 400 000 wees? Sal dit een van die blogmaats wees, of iemand heeltemal anders wat nie eers sal weet van hierdie vragie nie?
Ek het in Junie 2010 begin blog onder die naam, ‘Madele oor leef’. Ek was mal daaroor, en totaal verslaaf daaraan. Die skuldgevoelens het hoog geloop en mense het snaakse opmerkings gemaak wat my ongemaklik laat voel het. Een of ander blogger het my een aand kriewelrig laat voel en oornag het Madele nie meer oorleef nie. Die volgende oggend het ek ‘n e-pos gekry van ‘n blogmaat wat my gewaarsku het teen daardie persoon, maar my blog was reeds afgevee.
Toe begin ek blog op Facebook. Mens doen dit deur ‘n nota te skep. Dit was nie lekker nie. Ek het nie daarvan gehou nie. Ek het my blogmaats gemis. Daar ontstaan die Toortsie toe weer en sedertdien blog Toortsie nog al die pad. Intussen was Bokbaaivygie vir ‘n baie kort rukkie met ons en die Kameel het ook my pad gekruis. Wat ‘n seën! As daar iets is wat ek met my hele hart glo, is dit dat God vir Kameel oor my pad gestuur het. Hy wou hê ek moes haar raakloop. Sy het soveel om vir my te leer. 🙂
Op 11 Julie 2013 het ons die 100 000 syfer gehaal. 100 000 klieke. Eintlik 12 Julie 2013 om 07:14 het ek my blog oopgemaak en toe was die tiekertjie op 100 000. Dit tel mos nie my eie oopmake nie.
Op 1 Junie 2015 is ons omtrent by die 200 000 merk skryf ek oor hoe ek oor statistieke voel en na syfers kyk. Nee, ek hou nie heeltyd die tellertjie dop nie, tog doen ek wel. Ek kyk na die tendense, dis vir my interressant.
29 November 2016 – 300 000 besoekers!
Hierdie blog het al sy op-tye gehad en sy aftye, net soos enige iets in die lewe, maar danksy hierdie blog het ek baie gegroei. Ek is nie een oomblik spyt hieroor nie.
Op Sondagaand, 27 Mei 2018 om 20:40 staan die tellertjie op 399 985. 15 van 400 000 af. As die lesers aanhou lees soos die afgelope tyd, behoort ons die 400 000 merk te haal op 28 Mei 2018, dalk vanaand nog. Enige iets is natuurlik moontik. In totaal is hier 2265 bloginskrywings op hierdie blog en 30 709 kommentare.
Nou kom my versoek: Sal jy asseblief, as jy hier lees, by die kommentaar invul besoeker nommer xxx hoeveel jy is? Speel saam, toe!
En dankie, dankie, dankie. Weer eens dankie. Sonder lesers kan die tellertjie nie tel nie! Dankie dat julle hier lees. Geen blogger wil tog skryf en nie gelees word nie, of hoe?
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Verrassend anders
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Radio Tygerberg resensie
Ag nee! Ek is 40018! Maar baie geluk. Julle het n inspirerwnde blog!
LikeLiked by 2 people
Dit het skielik baie vinig gegaan . Dankie!
LikeLike
Ek maak ALTYD tyd om jou blogs te lees. Mal oor jou skryfstyl. As ek klaar gelees het, is daar altyd so ‘n goedvoel warm plekkie in my hart….
LikeLiked by 2 people
Haai Desiree, vreeslik baie dankie! Dis ‘n groot kompliment. Nou het ek ook’n goedvoel warm plekkie in my hart.
LikeLike
Ek is nr 400,112, en trots op jou, julle!!! Jou blog is een van my gunsteling plekke om by te kuier.
LikeLiked by 1 person
Dankie nr 400112 😁
LikeLike
En Balitoere gaan ek natuurlik ook moeilik verby sonder om in te loer.
LikeLiked by 1 person
Ek is 400174, weet jy al wie was 400 000?
LikeLike
Toevallig was dit op 400 000 toe ek gekyk het, maar myne tel mos nie. Op daardie stadium was daar 2 ander baie aktiewe posts, so dis dalk iemand wat daar gelees het en nie gekyk het nie. 😁
LikeLiked by 1 person
Dis ongelooflik baie, geluk
LikeLike
Dankie
LikeLike
Dis darem al 8 jaar. 😁
LikeLiked by 1 person
400,205 rapporteer. Jy was een van die eerste bloggers wat ek ontmoet het toe ek in November 2014 hier opgedaag het. Intussen het ek van platform verwissel (.com na .org toe) en hier gesels ons nog steeds!
LikeLiked by 1 person
Hoe vergelyk die twee platforms? Ek wonder altyd as iemand weggaan.
LikeLiked by 1 person
Vir my is dit beter, want ek “host” my eie webtuiste op .org en ek het meer vryheid om dinge te verander, nuwe modules by te voeg, die formaat te verander, ens. Ek sal dit nie sommer aanraai vir ‘n blogger wat nie hierdie werk self behartig nie. Dis natuurlik die moeite werd om ‘n onafhanklike webtuiste op ‘n ander platform te hê wanneer jy dit gebruik as ‘n aanlyn-winkel.
LikeLiked by 1 person
800 000
LikeLiked by 2 people
Sjoe julle het in in dag verdubbel
LikeLiked by 1 person
Ek sien daai ding. Dit klink amper soos ‘n borrel wat ‘n plek soek om te bars!
LikeLike
Hahaaaaa! Nee, oompie, jy is 6 jaar te vroeg! 😂
LikeLike
Ja, sure Abrie.🤣
LikeLiked by 1 person
Jy is net jaloers omdat jy nie 800 000 was nie🥦
LikeLiked by 1 person
Ag ouky. Ek is jaloegs. ‘n Regte Overbergse jaloegs. Voel jy nou beter?
LikeLiked by 1 person
O ek sien nou. Dis eintlik Una wat jaloers is, nie ek nie. Maar ek het ‘n plan: Ek bêre 800 000 net vir jou. Hoor!
LikeLiked by 2 people
Mmmm, wel miskien…
LikeLiked by 1 person
😂 nou voel Abrie ook goed.
LikeLiked by 1 person
Waar o waar sien ek watter nommer is ek?
LikeLiked by 1 person
Ek weet ook nie 🙈
LikeLiked by 1 person
Ag ek is bly ek is nie al een nie haha
LikeLiked by 1 person
Jy is beslis nie al een nie.
LikeLike
Regs iewers. U is die xxx ste besoeker
LikeLike
Kyk regs iewers. U is die xx ste besoeker. 😁
LikeLike
Baie baie geluk Toorts! Ek het nog net 35 followers en amper 7000 lesers vir die jaar. Jy is ‘n inspirasie!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Onthou, hierdie blog kom al amper 8 jaar aan. Dit het ‘n groot verskeidenheid artikels, so Google tel dit maklik op. 7000 is net so fantasties. Baie geluk daarmee. Onthou, ek het ook by ne 1 begin. 😁
LikeLiked by 1 person
Jy bly ‘n inspirasie 😁🤗
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
Ek lees graag by jou, maar het nie ‘n idee hoeveelste leser ek hier is nie!😃
LikeLiked by 1 person
😂 Aan die regterkant van die blog staan us is die xxx ste besoeker. 💃
LikeLiked by 1 person
Hehe, wys weer hoe mens nie alles raaksien nie!
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person