Wie is nr 400 000?

Ek is sommer nuuskierig. Wie sal leser nommer 400 000 wees? Sal dit een van die blogmaats wees, of iemand heeltemal anders wat nie eers sal weet van hierdie vragie nie?

Ek het in Junie 2010 begin blog onder die naam, ‘Madele oor leef’. Ek was mal daaroor, en totaal verslaaf daaraan. Die skuldgevoelens het hoog geloop en mense het snaakse opmerkings gemaak wat my ongemaklik laat voel het. Een of ander blogger het my een aand kriewelrig laat voel en oornag het Madele nie meer oorleef nie. Die volgende oggend het ek ‘n e-pos gekry van ‘n blogmaat wat my gewaarsku het teen daardie persoon, maar my blog was reeds afgevee.

Toe begin ek blog op Facebook. Mens doen dit deur ‘n nota te skep. Dit was nie lekker nie. Ek het nie daarvan gehou nie. Ek het my blogmaats gemis. Daar ontstaan die Toortsie toe weer en sedertdien blog Toortsie nog al die pad. Intussen was Bokbaaivygie vir ‘n baie kort rukkie met ons en die Kameel het ook my pad gekruis. Wat ‘n seën! As daar iets is wat ek met my hele hart glo, is dit dat God vir Kameel oor my pad gestuur het. Hy wou hê ek moes haar raakloop. Sy het soveel om vir my te leer. 🙂

Op 11 Julie 2013 het ons die 100 000 syfer gehaal. 100 000 klieke. Eintlik 12 Julie 2013 om 07:14 het ek my blog oopgemaak en toe was die tiekertjie op 100 000. Dit tel mos nie my eie oopmake nie.

Op 1 Junie 2015 is ons omtrent by die 200 000 merk skryf ek oor hoe ek oor statistieke voel en na syfers kyk. Nee, ek hou nie heeltyd die tellertjie dop nie, tog doen ek wel. Ek kyk na die tendense, dis vir my interressant.

29 November 2016 – 300 000 besoekers!

Hierdie blog het al sy op-tye gehad en sy aftye, net soos enige iets in die lewe, maar danksy hierdie blog het ek baie gegroei. Ek is nie een oomblik spyt hieroor nie.

Op Sondagaand, 27 Mei 2018 om 20:40 staan die tellertjie op 399 985. 15 van 400 000 af. As die lesers aanhou lees soos die afgelope tyd, behoort ons die 400 000 merk te haal op 28 Mei 2018, dalk vanaand nog. Enige iets is natuurlik moontik. In totaal is hier 2265 bloginskrywings op hierdie blog en 30 709 kommentare.

Nou kom my versoek: Sal jy asseblief, as jy hier lees, by die kommentaar invul besoeker nommer xxx hoeveel jy is? Speel saam, toe!

En dankie, dankie, dankie. Weer eens dankie. Sonder lesers kan die tellertjie nie tel nie! Dankie dat julle hier lees. Geen blogger wil tog skryf en nie gelees word nie, of hoe?

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Verrassend anders

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

40 thoughts on “Wie is nr 400 000?

  1. Ek maak ALTYD tyd om jou blogs te lees. Mal oor jou skryfstyl. As ek klaar gelees het, is daar altyd so ‘n goedvoel warm plekkie in my hart….

    Liked by 2 people

    1. Toevallig was dit op 400 000 toe ek gekyk het, maar myne tel mos nie. Op daardie stadium was daar 2 ander baie aktiewe posts, so dis dalk iemand wat daar gelees het en nie gekyk het nie. 😁

      Liked by 1 person

  2. 400,205 rapporteer. Jy was een van die eerste bloggers wat ek ontmoet het toe ek in November 2014 hier opgedaag het. Intussen het ek van platform verwissel (.com na .org toe) en hier gesels ons nog steeds!

    Liked by 1 person

      1. Vir my is dit beter, want ek “host” my eie webtuiste op .org en ek het meer vryheid om dinge te verander, nuwe modules by te voeg, die formaat te verander, ens. Ek sal dit nie sommer aanraai vir ‘n blogger wat nie hierdie werk self behartig nie. Dis natuurlik die moeite werd om ‘n onafhanklike webtuiste op ‘n ander platform te hê wanneer jy dit gebruik as ‘n aanlyn-winkel.

        Liked by 1 person

    1. Dankie. Onthou, hierdie blog kom al amper 8 jaar aan. Dit het ‘n groot verskeidenheid artikels, so Google tel dit maklik op. 7000 is net so fantasties. Baie geluk daarmee. Onthou, ek het ook by ne 1 begin. 😁

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!