Opgewonde oor my dorp

Vergun my asseblief die geleentheid om ‘n bietjie opgewonde te wees oor my dorp. Ja, ook ons dorp het, net soos ander dorpe, ook sy ongemaklikhede, maar ek is trots op my dorp.

Bredasdorp is bekend as ‘n ‘omgeedorp’ en ons doen dit op verskillende maniere. Ons is betrokke by baie uitreikaksies, in ons dorp, in ons land en ook internasionaal.  Hier is baie verskillende denominasies van kerke en dis een van die dinge waaroor ek baie opgewonde is, dat hier samewerking tussen soveel van die verskillende kerke is.

Ons het pas ‘n Christusfees gehad, wat interkerklik is, wat ‘n uitreikgeleentheid in die dorp en omgewing is, wat weer baie goed afgeloop is. Dit is afgesluit met ‘n interkerklike feesdiens in die NG Kerk gebou, en sjoe!, wat ‘n voorreg was dit nie om daar te kon wees nie. Die welbekende Riekert Botha was die spreker, maar saam met hom was Joseph Mgeni van die Bet-El gemeente. Die orkes was, as ek reg is, van die AGS kerk. As ek rondgekyk het, het ek sommer naby aan my die VGK, die NG Kerk en nog ander kerke se predikers gesien. Wat ‘n genade! Saam as dorp het ons die Here geloof.

 God is hier teenwoordig.

Die opeenvolgende week het ons Pinkster gehad, wat ek ongelukkig nie kon bywoon nie, Ek weet dat dit ook ‘n geseënde week sou wees. Die Pinksterweek is afgeluit met die Pinksterfees, wat by ons ‘n ekstra spesiale fees was, omdat daar ‘n baie groot mylpaal bereik is: Daardie dag is die VGK en die NGK amptelik saamgevoeg tot een saamgevoegde gemeente. Ek is regtig trots hierop, dis iets waaraan ons nou al vir baie jare werk. Dit is ‘n groot stap in ons pad na eenwording. Ek glo regtig dat, elke keer wat ons ‘n nuwe kerkie stig, afstig, wegbreek, ons die Koninkryk in nog kleiner stukkies knip, maar wanneer ons dit regkry om saam te werk, ons soveel meer bereik. Jan Fielies het so mooi hieroor geskryf. Ons vier dit dat ons eenheid nie in ons eendersheid lê nie, maar juis in ons andersheid, aldus Jan Fielies.

(Foto geleen op Facebook: Die Bredasdorp Gemeente)

Die feestelikheid duur voort en vandag was dit die voorstelling van ons lidmate en die doop van ‘n nuwe bekeerling. Daar is rede om fees te vier!

Ja, ons het nog ver om te gaan, maar as ek terugkyk, kyk ek met dankbaarheid en sien hoe ons reeds gegroei het, hoe ver ons reeds beweeg het, in afhanklikheid van God. Ek is trots en dankbaar om deel van Die Bredasdorp Gemeente van die NG Kerk en die VG Kerk te wees.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Verrassend anders

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

 

9 thoughts on “Opgewonde oor my dorp

  1. Altyd goed as kerke saam kan staan. Eintlik is dit hoogtyd…. saam is ons ‘n formidibale (spelling) eenheid teen die vyand…. maar so in stukkies gebreek baie kwesbaar.

    Liked by 1 person

  2. Toortsie, jy sal onthou ons het Desember heelwat tyd in Bredasdorp spandeer terwyl daar aan ons sleepwaentjie gewerk het, en ek kan twee dinge beaam: 1) Die NG Kerk daar is n pragtige, gewyde gebou, en 2) jy gaan laaaaank soek om nog n dorp met sulke warme omgee mense, van alle kulture, kleure en geure, te kry as wat ons oor daardie 3 dae daar teegekom het.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!