Kameel – Deur die venster – Charlotte

Skryfsafari : Deur die venster

images (1)

Die jong vrou op die bed se swart hare is natgesweet en klou in slierte aan haar doodsbleek gesig vas. Dis duidelik dat daar in haar liggaam – geklee in ‘n wit nagrok – geen krag meer oor is nie. “Die baba is amper hier Myra…. nog een laaste druk,” sê die ou dame wat oor haar buk. Met groot inspanning gehoorsaam Myra, en val met ‘n ligte snik terug teen die kussing. “Dis ‘n dogtertjie,” sê die ou dame. Vir ‘n paar oomblikke is daar doodse stilte, dan begin die baba huil. “Gee haar vir my tannie Malie,” sê Myra in ‘n skaars hoorbare stem. Tannie Malie draai die baba toe, en lê haar in Myra se arms neer. Met oë vol liefde kyk die jongvrou na die rooi gekreukelde gesiggie. Trane vorm onder haar ooglede, rol oor haar wange en drup op die baba se voorkop. “Charlotte,” prewel Myra dié naam wat Hugo daardie dag by die moerbeiboom met soveel deernis gesê het toe hy haar van sy ma vertel het. Met moeite trek sy die hangertjie – met sy uitgegrafeerde C op die hartjie – van haar nek af, en lê dit op die baba se bors neer. “Myra kind wat doen jy?” vra tannie Malie besorgd. Myra se lippe beweeg maar haar woorde is skaars hoorbaar. Tannie Malie buk oor haar, “Wat sê jy kindjie?” Hortend herhaal Myra die woorde. “Wanneer… hy kom…gee Charlotte… vir hom.” “Myra!!” roep tannie Malie verbaas uit, maar die pleitende kyk in Myra se oë stop verdere woorde. “Be-lo-we m-y,” die stem is net ‘n sagte fluistering. “Ek belowe,” sê tannie Malie gerusstellend, en vee met ‘n liefdevolle hand die klam hare van Myra se voorkop af weg. Sy soen haar liggies. “Slaap kindjie, wanneer jy uitgerus is gesels ons verder.” Sy tel die baba versigtig op, lê die hangertjie tussen Myra se gevoude vingers neer, en stap  tot by ‘n handgemaakte wiegie. Dit voel soos gister wat sy die pasgebore Myra in die wiegie – wat haar pa met soveel liefde vir haar gemaak het – neergelê het. Op die bed is daar ‘n ligte roering. ‘n Glimlag verskyn om Myra se mondhoeke, en sag soos ‘n vlinder verlaat haar asem haar om terug te keer tot haar Skepper.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781709

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

24 thoughts on “Kameel – Deur die venster – Charlotte

        1. Hier gesels ek so ewe oor sterftes by geboortes intusssen vergeet ek skoon hoe naby die dood ek met my eerste kind se geboorte was. Wonder nou nog wat het verkeerd gegaan…. my bewussyn verloor en eers twaalf ure later bygekom. Eerste woorde van verpleegster langs my bed “dankie tog jy het bygekom… ons het jou amper verloor.”

          Liked by 1 person

        1. Abrie dink nie so nie. Die pienk rosie verfraaide venster verleen hom nie aan manne skrywery nie 😀😀😀😀 Ek het dit nou geniet!!! Ek en Scrapy wonder juis wat ‘n man daar sal sê…. bring die skuurmasjien verf ens, die venster kort aandag. 😀😀😀😀😀

          Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!