Skryfsafari : Deur die venster
Die jong vrou op die bed se swart hare is natgesweet en klou in slierte aan haar doodsbleek gesig vas. Dis duidelik dat daar in haar liggaam – geklee in ‘n wit nagrok – geen krag meer oor is nie. “Die baba is amper hier Myra…. nog een laaste druk,” sê die ou dame wat oor haar buk. Met groot inspanning gehoorsaam Myra, en val met ‘n ligte snik terug teen die kussing. “Dis ‘n dogtertjie,” sê die ou dame. Vir ‘n paar oomblikke is daar doodse stilte, dan begin die baba huil. “Gee haar vir my tannie Malie,” sê Myra in ‘n skaars hoorbare stem. Tannie Malie draai die baba toe, en lê haar in Myra se arms neer. Met oë vol liefde kyk die jongvrou na die rooi gekreukelde gesiggie. Trane vorm onder haar ooglede, rol oor haar wange en drup op die baba se voorkop. “Charlotte,” prewel Myra dié naam wat Hugo daardie dag by die moerbeiboom met soveel deernis gesê het toe hy haar van sy ma vertel het. Met moeite trek sy die hangertjie – met sy uitgegrafeerde C op die hartjie – van haar nek af, en lê dit op die baba se bors neer. “Myra kind wat doen jy?” vra tannie Malie besorgd. Myra se lippe beweeg maar haar woorde is skaars hoorbaar. Tannie Malie buk oor haar, “Wat sê jy kindjie?” Hortend herhaal Myra die woorde. “Wanneer… hy kom…gee Charlotte… vir hom.” “Myra!!” roep tannie Malie verbaas uit, maar die pleitende kyk in Myra se oë stop verdere woorde. “Be-lo-we m-y,” die stem is net ‘n sagte fluistering. “Ek belowe,” sê tannie Malie gerusstellend, en vee met ‘n liefdevolle hand die klam hare van Myra se voorkop af weg. Sy soen haar liggies. “Slaap kindjie, wanneer jy uitgerus is gesels ons verder.” Sy tel die baba versigtig op, lê die hangertjie tussen Myra se gevoude vingers neer, en stap tot by ‘n handgemaakte wiegie. Dit voel soos gister wat sy die pasgebore Myra in die wiegie – wat haar pa met soveel liefde vir haar gemaak het – neergelê het. Op die bed is daar ‘n ligte roering. ‘n Glimlag verskyn om Myra se mondhoeke, en sag soos ‘n vlinder verlaat haar asem haar om terug te keer tot haar Skepper.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781709
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Sjoe! Aangrypend en baie hartseer…
LikeLiked by 1 person
Dankie Frannie. Wonder partykeer waar kom die gedagtes vandaan.
LikeLiked by 1 person
Ai. Ek kry koue rillings.
LikeLiked by 1 person
Vertrou darem jy het dit geniet?
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n pragtige storie. Ekwonder hoeveel vrouens het in die ou dae gesterf by die geboorte van hulle kinders?
LikeLiked by 1 person
Soos dit vir my klink was dit redelik algemeen.
LikeLiked by 1 person
Hier gesels ek so ewe oor sterftes by geboortes intusssen vergeet ek skoon hoe naby die dood ek met my eerste kind se geboorte was. Wonder nou nog wat het verkeerd gegaan…. my bewussyn verloor en eers twaalf ure later bygekom. Eerste woorde van verpleegster langs my bed “dankie tog jy het bygekom… ons het jou amper verloor.”
LikeLiked by 1 person
Ek is ook dankbaar jy het bygekom.
LikeLiked by 1 person
Ek ook…. ek was ongered. Genade onbeskryflik groot!!!
LikeLiked by 1 person
Dis so hartseer, maar so mooi verwoord!
LikeLiked by 1 person
Dankie Liza 😊
LikeLiked by 1 person
Ai, so mooi geskryf. Dit is so waar dat daar in die verlede baie vroue met geboorte gee gesterf het. Hierdie is n rustige afskeid wat Myra gedoen het. Die geboorte was net te veel vir haar liggaam. Baie diep beskrywing.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy 😊
LikeLike
Pragtig geskryf, Kameel. Jy weet ook net hoe om gevoelens uit te lig en weer te gee!
LikeLiked by 1 person
Dankie Una.😊
LikeLike
Pragtig geskryf Kameel! Jy het so ‘n besonderse skryfstyl!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Aletta…. waardeer opreg 😊
LikeLiked by 1 person
Dis so hartseer. Baie mooi geskryf Kameel. Jy het regtig ‘n talent om ‘n volrondestorie te vertel in ‘n paar woorde.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester. Het sowaar van my eie uitdaging gehou 😀😀😀😀😀
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n lekker een
LikeLiked by 1 person
Abrie dink nie so nie. Die pienk rosie verfraaide venster verleen hom nie aan manne skrywery nie 😀😀😀😀 Ek het dit nou geniet!!! Ek en Scrapy wonder juis wat ‘n man daar sal sê…. bring die skuurmasjien verf ens, die venster kort aandag. 😀😀😀😀😀
LikeLiked by 1 person
Ag, hulle maak maar net so asof ‘n bietjie sentiment hulle verveel. Maar dis oukei, ‘n man wat kan skuur en verf is altyd welkom.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, pragtig Kameel! Jy het jouself oortref!
LikeLiked by 1 person
Dankie perdebytjie 🙂
LikeLiked by 1 person