My grootste vrees

Die ding wat ek lewenslank vrees, is dat my gesig iewers op die voorblad van ‘n koerant sal verskyn. Dit is mos gewoonlik net slegte nuus. Skindernuus.

Wel … uhm … dit hét gebeur en ek het niks verkeerds gedoen nie. Wel, nie in die Vleisvreters van Egipte se oë nie! Daar is natuurlik ‘n groep aan die ander kant van die spektrum wat anders daaroor dink, maar ek respekteer dit heeltemal.

Toe ek destyds my drie minute van roem gehad het deur op Pasella te verskyn, storm ‘n meisie op my af in opwinding. Sy sien ek koop ‘n gaar hoender om die middag te eet en kan nie glo dat ek nie ‘n gesondheidsbroodjie daarby bedien nie. Ek sê ek eet nie brood nie en haar oë rek. Ook nie rys nie, die oë rek meer. Ook nie aartappels nie, sy haal amper nie meer asem nie. Ek sê dat, as ek daardie goed geëet het, ek nie op die TV sou kom nie.

Iemand het vir my ‘n goeie woordjie gedoen, nes Seegogga destyds vir my opgekom het by Pasella. Ek het nie daarvoor gevra nie, ek beweeg net dankbaar saam met die stroom.

Mag my ergste vrese nooit bewaarheid word en my skandes op ‘n koerant se voorblad uitbasuin word nie! Intussen ry ek net rustig op die golf. ‘In Awe’.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Verrassend anders

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

31 thoughts on “My grootste vrees

  1. Ha, mooi man! Ek is bly ek ken iemand wat al in n tydskrif was en op Pasella ook. Ek was ook n slag op Passella met n demonstrasie van wat alles met laventel gedoen kan word. Ek het n paar dames gewys hoe om laventel steeltjies en blommetjies in n potporiestokkie te maak.

    Liked by 3 people

      1. Hierdie was ook n gelukskoot. n Vriendin het alles met laventel gedoen. Sy het n waenhuis ingerig as haar werkswinkel. Sy het n disteleerder gehad en die heerlikste gegeurde olies gemaak. Ons het allerhande sakkies en goedjies gemaak om te verkoop. Die huisie self was haar ateljee want sy het geskilder. Ek moet dalk bietjie gaan soek vir fotos en ietsie daaroor skryf een of ander tyd.

        Liked by 1 person

        1. Hoor bietjie mooi. Dis nie wie jy is nie, maar wie jy ken. Dus nie ek wat so oulik is nie, maar mense wat my naam in ore gefluister het. 😂
          Die pad na celeb wees is vir my ook nog ver en donker. 😁❤️

          Like

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord