Die ding wat ek lewenslank vrees, is dat my gesig iewers op die voorblad van ‘n koerant sal verskyn. Dit is mos gewoonlik net slegte nuus. Skindernuus.
Wel … uhm … dit hét gebeur en ek het niks verkeerds gedoen nie. Wel, nie in die Vleisvreters van Egipte se oë nie! Daar is natuurlik ‘n groep aan die ander kant van die spektrum wat anders daaroor dink, maar ek respekteer dit heeltemal.
Toe ek destyds my drie minute van roem gehad het deur op Pasella te verskyn, storm ‘n meisie op my af in opwinding. Sy sien ek koop ‘n gaar hoender om die middag te eet en kan nie glo dat ek nie ‘n gesondheidsbroodjie daarby bedien nie. Ek sê ek eet nie brood nie en haar oë rek. Ook nie rys nie, die oë rek meer. Ook nie aartappels nie, sy haal amper nie meer asem nie. Ek sê dat, as ek daardie goed geëet het, ek nie op die TV sou kom nie.
Iemand het vir my ‘n goeie woordjie gedoen, nes Seegogga destyds vir my opgekom het by Pasella. Ek het nie daarvoor gevra nie, ek beweeg net dankbaar saam met die stroom.
Mag my ergste vrese nooit bewaarheid word en my skandes op ‘n koerant se voorblad uitbasuin word nie! Intussen ry ek net rustig op die golf. ‘In Awe’.
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Verrassend anders
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Radio Tygerberg resensie
Ha, mooi man! Ek is bly ek ken iemand wat al in n tydskrif was en op Pasella ook. Ek was ook n slag op Passella met n demonstrasie van wat alles met laventel gedoen kan word. Ek het n paar dames gewys hoe om laventel steeltjies en blommetjies in n potporiestokkie te maak.
LikeLiked by 3 people
Sowaar! Geluk! Ek kan op niks roem nie, elke keer is dit iemand anders wat ‘n goeie woordjie vir my doen. 😁
LikeLike
Hierdie was ook n gelukskoot. n Vriendin het alles met laventel gedoen. Sy het n waenhuis ingerig as haar werkswinkel. Sy het n disteleerder gehad en die heerlikste gegeurde olies gemaak. Ons het allerhande sakkies en goedjies gemaak om te verkoop. Die huisie self was haar ateljee want sy het geskilder. Ek moet dalk bietjie gaan soek vir fotos en ietsie daaroor skryf een of ander tyd.
LikeLiked by 1 person
Jy kan gerus! 😁
LikeLike
Ek het nog die stuk afgeneem op n video. Daar was nog n stuk in die koerant ook. Ek het nog die knipsel ook!. Jy laat my nou terugdink aan 2006 toe daar baie die jaar gebeur het.
LikeLiked by 1 person
😱
LikeLike
Ek is ook bly jy het nie die drukkery gehaal deur iets horribaals wat jy aangevang het nie. Dis mooi fotos van jou!!! Welgedaan!!!!
LikeLiked by 2 people
Mens loop op dun ys! 😂 Dankie dankie dankie vir die mooi.
LikeLiked by 1 person
Wow jy is nou rerig ‘n celeb! Baie geluk.
LikeLiked by 2 people
Oehoeee! 😱😁
LikeLike
Sien jy nou, alle nuus is nie slegte nuus nie – jy is ‘n “goeie-nuus” maker. Baie geluk.
LikeLiked by 2 people
Dankie. Mag ek altyd so ‘n nuusmaker wees. Mens weet nooit wat op jou pad kom nie.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk! Sjoe, so trots op jou!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie! 😁
LikeLiked by 1 person
Toortsie, dis pragtige fotos, en ons is regtig trots op jou. Hester is reg, jy is ń goeie-nuus maker.
LikeLiked by 2 people
Dankie 😊
LikeLike
Ons is trots op jou, liewe Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. 😁
LikeLiked by 1 person
WOW – pragtig. Geluk!
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLike
Lekker om kontak te hê met paar celebs!!!
LikeLiked by 1 person
O né? 😁
LikeLike
Jip.. sal julle ons nog onthou as julle famous word? Ek sal nie op Pasela verskyn nie maar het darem n Pasela… tel dit vir iets😁
LikeLiked by 1 person
Hoor bietjie mooi. Dis nie wie jy is nie, maar wie jy ken. Dus nie ek wat so oulik is nie, maar mense wat my naam in ore gefluister het. 😂
Die pad na celeb wees is vir my ook nog ver en donker. 😁❤️
LikeLike
Juistement… ons ken jou
LikeLiked by 1 person
O, okay, ek sal mooi wiordjie vir julle doen. 😁 Om die waarheid te sê, ek doen dit reeds op Toortsie se Faceboekblad. 😁
LikeLike
Aaaaawh jys dierbaar
LikeLiked by 1 person
Jy verdien die publisiteit, jou boeke is puik! Jy is nou ń ware celeb, geluk.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Oor die ware celeb weet ek darem nog nie. Dankie vir die puik boeke.
LikeLike