In opdrag van Kameel.
Ek stap verby die venster en iets trek my, dwing my om die ongehoorde te doen, dwing my om nader te staan en in te loer. Ek kan myself net nie keer nie!
By die venster staan ‘n blikbeker vol rose en as ek verder kyk, sien ek ‘n smaakvol gemeubileerde vertrek. Dis ‘n groterige kamer, maar dalk eerder ‘n eenmanwoonstelletjie.
Daar is ‘n bed met die mooiste, handgekerfde kopstuk en bedkassies. Bokant die bed is daar foto’s van haar geliefdes.
‘n Laaikassie skei die slaapkamergedeelte en die sitkamer. Daar lê ‘n blou persiese mat wat ietwat verbleik het in die son en daar staan ‘n lieflike stinkhoutbank met sy bypassende stoele, met ‘n goudkleurige stof oorgetrek. ‘n Groot staanhorlosie staan teen die muur.
Die kamer is netjies en getuig van goeie smaak.
Ek sien ook ‘n kombuisgedeeltetjie en ‘n deur, dis seker die badkamerdeur.
In die sitkamer op een van die stoele sit ‘n ou dame, ek skat haar ongeveer neëntig jaar, netjies aangetrek. Goed versorg. Sy lees in ‘n Huisgenoot. Langs haar staan ‘n loopraam.
Wie is hierdie dame? Kom haar kinders gereeld by haar kuier? Ek wonder of sy nog ‘n goeie gesprek kan voer en of die ouderdom ook maar daar sy tol geëis het? Is sy eensaam? Wat sal haar storie tog wees?
Toortsie
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781709
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Toortsie by Finesse: Verrassend anders
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Radio Tygerberg resensie
Ai so word ons oud. Sommige met meer waardigheid as ander.
LikeLiked by 1 person
Jy het ‘n pragtige beskrywing van die vertrek gegee… sien dit in my geestesoog. Ek dink hierdie ou dame was ‘n agtermekaar vrou in haar dae. Haar huishouding het op geoliede wiele gehardloop. Sy was streng maar haar huismense het geweet sy is lief vir hulle al was sy nie ‘n druk en soentjie mens nie. Haar man was trots op sy netjiese versorgde vrou, en ja haar kinders kom kuier vir haar. Hulle sou verkies dat sy in ‘n aftreeoord gaan bly, maar die sterk vrou wat sy is wil nie haar onafhanklikheid prysgee nie.
LikeLiked by 3 people
Jou opsomming is raak.
LikeLiked by 2 people
Kameel, jy het my na perfek beskryf. Sy is in die versorgingsoord. Maar die res is 100 persent.
LikeLiked by 1 person
Dankie 😀😀😀😀 voel lekker om 100 persent vir ‘n “vak” te kry!!! Wat noem ‘n mens die vak “Mensekunde?” Agtermekaar ma gehad jy 😊
LikeLiked by 1 person
Sies tog, dis erg as hulle so oud word en totaal afhanklik raak van ander mense. Ek waardeer die personeel van die ouetehuis so wat haar nog elke dag netjies kom aantrek en nie haar haar waardigheid ontneem nie.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n mooi beskrywing Toortsie
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
So het elkeen n storie om te vertel as mens deur n venster n binne sou kyk. Pragtige ou statige dame wat nog omgee vir alles om haar.
LikeLiked by 2 people
My ma
LikeLiked by 1 person
Ek hou daarvan.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLiked by 1 person
Toorts het jy al haar bydrae op InLinkz gaan lees. Baie goed geskryf.
LikeLike
Jy beskryf die vertrek in soveel detail, dat mens absoluut die prentjie en gevoel kry. Pragtig.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Onthou, ek ken daardie vertrek. Ek het vergeet om te sê van die tafel met die gehekelde tafeldoek. 😁
LikeLike
Baie mooi geskryf, Toortsie! Jou ma is ‘n waardige dame.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Almal het dit altyd van haar gesê
LikeLiked by 1 person