Skryfsafari: Ek loer deur die venster

In opdrag van Kameel.

Ek stap verby die venster en iets trek my, dwing my om die ongehoorde te doen, dwing my om nader te staan en in te loer. Ek kan myself net nie keer nie!

By die venster staan ‘n blikbeker vol rose en as ek verder kyk, sien ek ‘n smaakvol gemeubileerde vertrek. Dis ‘n groterige kamer, maar dalk eerder ‘n eenmanwoonstelletjie.

Daar is ‘n bed met die mooiste, handgekerfde kopstuk en bedkassies. Bokant die bed is daar foto’s van haar geliefdes.

‘n Laaikassie skei die slaapkamergedeelte en die sitkamer. Daar lê ‘n blou persiese mat wat ietwat verbleik het in die son en daar staan ‘n lieflike stinkhoutbank met sy bypassende stoele, met ‘n goudkleurige stof oorgetrek. ‘n Groot staanhorlosie staan teen die muur.

Die kamer is netjies en getuig van goeie smaak.

Ek sien ook ‘n kombuisgedeeltetjie en ‘n deur, dis seker die badkamerdeur.

In die sitkamer op een van die stoele sit ‘n ou dame, ek skat haar ongeveer neëntig jaar, netjies aangetrek. Goed versorg. Sy lees in ‘n Huisgenoot. Langs haar staan ‘n loopraam.

Wie is hierdie dame? Kom haar kinders gereeld by haar kuier? Ek wonder of sy nog ‘n goeie gesprek kan voer en of die ouderdom ook maar daar sy tol geëis het? Is sy eensaam? Wat sal haar storie tog wees?

Toortsie

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781709

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Toortsie by Finesse: Verrassend anders

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

17 thoughts on “Skryfsafari: Ek loer deur die venster

  1. Jy het ‘n pragtige beskrywing van die vertrek gegee… sien dit in my geestesoog. Ek dink hierdie ou dame was ‘n agtermekaar vrou in haar dae. Haar huishouding het op geoliede wiele gehardloop. Sy was streng maar haar huismense het geweet sy is lief vir hulle al was sy nie ‘n druk en soentjie mens nie. Haar man was trots op sy netjiese versorgde vrou, en ja haar kinders kom kuier vir haar. Hulle sou verkies dat sy in ‘n aftreeoord gaan bly, maar die sterk vrou wat sy is wil nie haar onafhanklikheid prysgee nie.

    Liked by 3 people

      1. Dankie 😀😀😀😀 voel lekker om 100 persent vir ‘n “vak” te kry!!! Wat noem ‘n mens die vak “Mensekunde?” Agtermekaar ma gehad jy 😊

        Liked by 1 person

        1. Sies tog, dis erg as hulle so oud word en totaal afhanklik raak van ander mense. Ek waardeer die personeel van die ouetehuis so wat haar nog elke dag netjies kom aantrek en nie haar haar waardigheid ontneem nie.

          Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!