Skryfsafari – Deur die venster

Lê-jou-eier : Skryfsafarie
Deur die venster

Hierdie week is ek, Kameel van Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie die gasvrou vir ons skryf-safarie aangebied deur Dis ekke in lyn met Lê-jou-eier.

Vanaf graad een tot met matriek, en die jare daarna wat ek in Johannesburg gewerk het, het ek met ‘n publieke bus gery. Êrens langs hierdie pad het ek geleer om die tyd te verwyl deur na huise en tuine te kyk. Later het daar ‘n diep begeerte by my ontstaan om meer te weet van die mense wat op daardie stukkie aarde, en agter daardie mure gelewe het. Wat was die lief en leed wat homself daar afgespeel het?

Ek is nie van nature nuuskierig nie; ek glo net dat daar ‘n boek in elke mens opgesluit lê, en dat hulle lewensverhaal interessante stories uitmaak.

FB_IMG_1509622669449

Die uitdaging vir hierdie week is dat jy ‘n onsigbate toeskouer is van ‘n toneel wat homself in die vertrek – agter die venster in die foto hierbo – afspeel. Gee vrye teuels aan jou verbeelding, skep karakters en vertel ons watse lief of leed jy ‘n stille toehoorder van is. Die belangrikste is dat jy dit geniet!!! Sien baie uit na julle bydraes.

Dankie

Kameel

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781709

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

21 thoughts on “Skryfsafari – Deur die venster

    1. Ons sal sien waarmee Hester voor die dag kom….. sy kom mos in soos ‘n sweepslag 😀😀😀😀 al het sy ook al skommelend in ‘n melkwa aangeland.
      Sien uit na jou bydrae!!!

      Liked by 1 person

    1. Ek en Scrapy het nogal gelag oor wat ‘n man hier gaan kwytraak. Die venster kort aandag ens ens 😀😀😀😀 As jy ‘n moord deur die venster sien is dit ook reg. Sal graag wil hoor hoe ‘n man dink.

      Like

        1. Dis hoekom ek en scrapy so gelag het. Abrie in die mees verfraaiste huis kan daar nogsteeds tonele afspeel wat nie so fraai is nie. As jy nou vir my sê daai slimkop van jou kannie daar ‘n toneel uitdink nie…. gaan ek jou nie glo nie. Maar jy weet ook dat die skrywe vrywillig!!! Sal verstaan as jy skip. 😊

          Like

Gesels saam, asseblief!