Skryf ‘n opstel: Die man in die rolstoel.

Welgedaan aan die onderwyser wat hierdie onderwerp uitgedink het. Dit dwing ‘n mens om ‘n bietjie wyer te dink as jy nie self in ‘n rolstoel is nie, of nie iemand ken in dié situasie nie.

Jy kan die opstel op ‘n paar maniere benader. Dalk ken jy iemand wat in ‘n rolstoel is en wil jy dalk van hom of haar vertel. Dalk kry jy baie met hom te doen. Dalk het hy ‘n groot indruk op jou gemaak. Dalk leer jy groot lewenswaardighede by hom. Hoe beïnvloed die feit dat hy in ‘n rolstoel is, julle verhouding? Is daar spesiale behoeftes wat hy het, waarmee jy kan help? Wat leer jy uit jou interaksie met ‘n gestremde persoon?

Dalk is jy self in ‘n rolstoel en wil jy daaroor skryf. Skryf jou hart uit. Skryf dít wat jy nog altyd wou hê ander moet weet, maar nie die moed gehad het om te vertel nie. Wat is vir jou moeilik? Hoe wil jy graag hê ander mense moet jou hanteer? Hoe wil jy gehelp word en op watter maniere verkies jy om nié gehelp te word nie, maar self reg te kom? Wat is jou begeertes? Wat is jou lewensuitkyk? Wat is jou toekomsdrome? Wat kan ons, as mense buite die rolstoel, by jou leer?

Of, jy kan skryf oor rolstoelmense in die algemeen. Hier gaan ek raad en hulp van die blogmaats en ander lesers nodig hê en ek sal bly wees as julle insette sal lewer.

Rolstoelmense is mense, regte mense, nes ek en jy. Al verskil is dat hulle om een of ander rede van ‘n rolstoel afhanklik is. Hulle het presies dieselfde behoeftes as elke ander mens, soos die behoefte aan liefde, aanvaarding, respek, versorging, ‘n werk, vriende, noem maar op.

‘n Persoon in ‘n rolstoel wil gerespekteer word as die mens wat hy is. Soveel keer word hy eenvoudig geïgnoreer en sal mense eerder met die persoon praat wat die rolstoel stoot, in plaas van met hom self. Hy kan praat, hoor, dink, nes enige iemand anders. Hy kan self sê of hy koffie wil hê. Jy hoef ook nie ‘anders’ met hom te praat nie, nie harder of stadiger nie.

Selfs al is daardie persoon van ‘n rolstoel afhanklik, het hy ook sy trots. In die meeste gevalle kan hulle hulleself goed help onder normale omstandighede, maar soms het hulle my en jou hulp nodig. ‘n Vriendelike, bereidwilligheid om te help, is baie werd en ek is seker hy sal hulp waardeer. Tog moet ons versigtig wees om hom nie te oordonder nie en altyd eers te vra of jy kan help as jy sien hy het hulp nodig. Sê hy egter nee dankie, moet ons dit respekteer.

Toeganklikheid tot plekke is baie keer vir rolstoelmense ‘n probleem. As daar net trappe is, is dit onmoontlik vir ‘n persoon in ‘n rolstoel om in ‘n gebou te kom. Parkering kan baie moeilik wees, veral as die parkeerplekke nou is. Daarom moet ons regtig die rolstoelparkeerplekke ooplos en dit nie gebruik as ons dit nie nodig het nie. Dieselfde met rolstoeltoilette. Dis daar vir mense wat nie so gelukkig soos ek en jy is en in nou plekkies te kan inskuur nie.

Rolstoelmense het soms hulp met hulle versorging nodig en dit kan baie duur wees.

As ons dalk net ‘n groter bewustheid kan kweek vir gestremdes rondom ons, hulle met respek behandel en help waar ons kan, glo ek, het ons ‘n treetjie gevorder.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Verrassend anders

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

Advertisements

7 thoughts on “Skryf ‘n opstel: Die man in die rolstoel.

  1. ‘n Mens hoef net Joni Erickson Tada se boek te lees om te besef hoe moeilik dit nie net vir die persoon in die rolstoel is nie… maar ook vir die mens(e) is wat na hulle omsien.
    My niggie is vroeg in haar getroude lewe verlam deur ‘n motorongeluk waarin hulle betrokke was. Dat haar man deur al die jare by haar gebly het sê vir my baie van sy karakter. Ongelukkig het ek min met haar deur die jare te doen gekry, maar sy blyk ‘n sterk blymoedige mens te wees.

    Like

  2. Rolstoelmense het dikwels probleme waaroor niemand praat nie – bv inkontinensie ens. Dis iets wat gewone mense soms vergeet. Maar die groot probleem is dat grootmense glad nie ‘n gestremde kan hanteer nie. Hulle gaan in ‘n “flat spin” en weet nie waar om te kyk nie, en wat om te se nie. En dan tree hulle heeltemal absurd op. Kyk to asb ‘n bietjie verby die rolstoel of ander gestremdheid en kyk in die persoon se oe. Direk. Jy sal sien dat dit maar net ‘n gewone mens is. Hanteer hom so. Kinders het gelukkig glad nie daardie probleem nie. Hulle hanteer ‘n gestremde met gemak en sal met hom gesels en ook sommer uitvra: Hoekom sit tannie in ‘n rolstoel? Wat makeer die been? ens. Rolstoel mense waardeer dit baie meer as die ontwykende simpel gedrag van grootmense wat nie weet hoe om die situasie te hanteer nie.

    Liked by 2 people

  3. Ons het by die werk ‘n rolstoeldag gereël vir elke werknemer, wat nie ‘n gewoonweg ‘n rolstoel gebruik, maar wat graag wou deelneem om te “sien hoe dit is”. Die persoon moes die hele dag in die rolstoel bly en moes sy medewerkers vra om hom te help waar hy nie self kon regkom nie. Dit was ‘n eye-opener.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s