Hoe gemaak met die suiker?

Ja, sê die tannie wat regtig graag gewig wil verloor, dis alles goed en wel om te sê, sny alle suiker en stysel uit, maar hoe kry sy dit reg? Kyk net na volgende week: Sondag is daar  ‘n soetdingetjie ná ete, Maandag moet ons ‘n koek van iemand gaan proe, Dinsdag is dit leeskring en daar word gewoonlik uitgehang met die eetgoed, Dinsdagmiddag is dit VLV, dan eet ons weer, Woensdag is dit … ens, tot Sondag, wat ons weer ‘n soetding eet. Soetgoed elke dag!

Ek besef dit kan soms baie moeilik wees. Sommige weke kom alles net op ‘n hoop!

Die kere wat jyself in beheer is, soos die Sondagmiddagete, of die kinders wat huis toe kom, is eintlik die maklike deel. Maak Bantingsoetigheid. Of, as hulle nie Bantingsoetigheid wil eet nie, maak vir vir hulle ‘n soetigheid, maar sorg dat daar vir jou ‘n heerlike Bantingsoetigheid is sodat jy ook iets het om aan te smul. (En as jy nie weet wat om te maak nie, vra vir Toortsie!)

Dis een van my groot reëls: As daar groot feesvieringe kom en ek weet die verleidings gaan baie wees, sorg ek beslis dat daar vir my iets in die yskas is wat baie lekker is. Ek dink in elk geval dat die Bantingkaaskoek uit Tootsie se Bantingboerekos baie lekkerder is as die suikerryke eweknie!

Nog ‘n kroekfnuiker (Toortsieskepping), is om, net voor jy na ‘n samekoms gaan waar jy weet die verleidings baie gaan wees, iets lekkers en vullend by die huis te eet. Eet ‘n lekker dik stuk kaas en kou op pad soontoe aan ‘n paar neute. Ek is baie lief vir Braziliaanse neute, een daarvan maak sommer ‘n groot holkol toe. Wanneer die tee en eetgoed dan bedien word, voel jy versadig en is die versoeking nie so groot nie.

Of, bied aan om iets saam te bring. Maak lekker Bantingmuffins of ‘n tert uit Toortsie se boeke. Daardeur verseker jy dat daar iets is waarvan jy kan eet, en ek kan jou waarborg dat al die suikereters net so lekker aan jou suikervrye eetgoed gaan smul.

Onthou, wanneer jy by ‘n funksie is, om eers rustig te kyk wat daar alles bedien word en, voor jy skep, te besluit wat jy gaan inskep. Dit maak dit baie makliker.

En, sou dit gebeur dat daar regtig niks is vir jou om te eet nie, waar kos bedien word en jy regtig geen keuse het nie, eet dan maar wel ‘n stukkie van die pasta met baie slaai, en onthou om minstens ‘n week daarná ektra versigtig te eet.

Die belangrikste van alles: Moenie jouself jammer kry nie, dis nie nodig nie. Dit wat jy mag eet, is baie lekkerder as dit wat jy nie mag eet nie.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Verrassend anders

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

Advertisements

5 thoughts on “Hoe gemaak met die suiker?

  1. Dis baie moeilik wanneer ander mense jou nie ondersteun in jou poging om gesond te eet nie. Ek weet ek mag nie suiker eet nie en weier beslis om dit te doen (dieselfde met alkohol en kaffeïne), maar ek vind dat mense soms daarop aandring dat “net enetjie” nie sal skade doen nie, of “proe tog net ‘n stukkie”. Dit, nadat ek baie mooi verduidelik het presies hoe nadelig hierdie voedingstowwe vir my gesondheid is. My vriende weet deesdae van beter en die res kan maar die mur in bly vir my – dis ook oukei.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s