Natuurlik mag ons kos vries! Ons is almal so besig met ons dagtaak en om te jaag van hier na daar, ons maak dit net vir onsself soveel makliker as ons kos in groter maat kan maak en dit dan kan vries vir wanneer ons nie tyd of lus het om kos te maak nie. Ek doen dit ook.
Ek sal nie alle kosse vries nie, maar die meeste van die kosse in my Toortsieboeke is ryk en kan in die yskas gehou word vir ‘n dag of twee. Ek het nog nooit die soppe in my boeke gevries nie, maar ek maak gewoonlik ‘n groot pot en dan hou dit vir ‘n dag of twee in die yskas tot dit op is.
Vleisgeregte vries gewoonlik baie goed. As ek bredie kook, maak ek genoeg vir die volgende dag ook, en vries dit nie, omdat ek nie seker is of die groente goed sal vries nie. Tog kan ek nie dink dat daar ‘n probleem behoort te wees nie.
Maalvleisgeregte is ideaal om in grootmaat te maak en te vries. My ma het my geleer dat dit presies dieselfde moeite is om byvoorbeeld frikkadelle en bobotie sommer dubbeld te maak en die res dan te hou. Toe my huis nog vol kinders was, sou ek dit sommer vries in die bak waarin ek dit opdien, maar noudat ons net ons twee is, skep ek dit uit in plastiekbakkies. Dis veral ook lekker om die kos vooraf te maak as jy gaste verwag en net die bak uit die vrieskas te haal wanneer jy dit nodig het.
Van gaste gepraat: Stolslaaie is baie lekker om vooraf te maak.Dit hou goed vir 2 of 3 dae en dan kan jy eerder lekker ontspan saam met die gaste, in plaas daarvan om rond te skarrel om die kos te maak.
Ek maak ook meer as een beestong op ‘n slag gaar, dieselfde met beesstert. Een keer se moeite, ‘n paar keer se eet! Skep dit in porsiegrootte in bakkies, of soveel soos julle op ‘n slag benodig. Maklik! ‘n Gaar skaapboud kan ook met gemak in kleiner hoeveelhede gevries word. (Vleis is baie keer ook goedkoper as jy dit in grootmaat koop.)
Alhoewel muffins nie by my kans kry om gevries te word die kere wat ek dit maak nie, weet ek dat dit baie goed vries. Maak dit in grootmaat en haal elke dag net soveel uit as wat jy benodig.
Gaar hoender vries ook goed.
Baie van die groentes kan ook nog die volgende dag geëet word.
Ons kán ons lewe makliker maak met ‘n klein bietjie beplanning.
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Die waarde van my bidboek.
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Radio Tygerberg resensie
Jou opskrif het my nou ‘n oomblik lank laat vries. “Huh? Vries ander mense nie hulle kos nie?” Haha. Ons kook net elke tweede dag en daar is gewoonlik pakkies gevriese kos, veral sop of kerrie, in die vrieskas. Dit hou goed vir weke. Op “skip”dag sorg elke ou vir homself – eet gister se kos kos wat oorgebly het, help jouself aan ‘n pakkie gevriesde kos of maak snackwiches. Om uit te eet is ‘n bonusdag, maar dit gebeur nie baie nie.
LikeLiked by 2 people
Ek glo ook dat baie mense dit doen, hierdie was ‘n navraag wat ek gekry het, en dadelik dink ek dan dat daar dalk meer mense is met die vraag, en ja, dis sommer die inspirasie vir nog ‘n bloginskrywing.
LikeLiked by 1 person
Ek vries omtrent enige ding.Ek het altyd gevriesde gerasperde kaas ook in my vrieskas…so handig as jy net ‘n paar lekseltjies nodig het vir ‘n vinnige geroosterde broodjie of omelet.
LikeLiked by 1 person
Ek het nog nooit kaas gevries nie, ek weet ‘n mens kan. My ma het dit altyd gedoen.
LikeLiked by 1 person
Dit moet die narkose wees maar ek lees woorde so verkeerd. Lees jou kommentaar “so handig as jy net ‘n paar Israelietjies nodig het vir ‘n vinnige geroosterde broodjie of omelet..” 😀😀😀😀😀
LikeLiked by 2 people
Hahaa, definitief narkose!
LikeLiked by 2 people
Sjoe! Jy loop draai sowaar in Israel en dinge is deesdae warm daar!
LikeLiked by 1 person
Kan jy dit nou oorvertel!!! 😄
LikeLiked by 1 person
Koek proe vir my lekkerder uit die vrieskas. Paar draaaie in mikrogolf en siedaar…. net asof koek sopas uit oond gekom het.
LikeLiked by 1 person
Met vla oor?
LikeLiked by 1 person
Nee…. net so.
LikeLike
Ek onthou nou, toe ek nog op die plaas gewoon het, was daar ‘n tyd wat ek koek gekoop het en gevries het vir onverwagte gaste.
LikeLiked by 1 person
Ek moet sê dit is nou nie kos vries nie, maar my Sondag se gedupliseerde kos op gisteraand se tafel was lekkerder as Sondag sin. Ek dink alle kos wat ons kook moet ‘n dag staan want dit was lekker verby… als wat daarmee gepaardgegaan het en die feit dat ek nie op ‘n Maandagaand hoef te gekook het nie. Skaapboud, aartappels, boontjies (bredie tipe) soetpatats met lemoen en rys… was heerlik.
LikeLiked by 1 person
Hoe honger is ek nou!
LikeLike
😊
LikeLike