Om deur die drif te kom

Jy is af by die rivier se wal, gly-gly. Jy het al ‘n paar keer op jou boude beland, hier aan ‘n bossie vasgeklou, dan weer sommer ‘n stuk afgeskuur. Jou boude is vol stofmerke en jou broek het selfs al ‘n skeur of twee aan.

Toe beland jy nog in die rivier ook en word sommer meegesleur, glad nie wat jy beplan het nie. Die rivier is diep, maar op ‘n manier lyk dit tog vir jou of jy weer nader beweeg na die ander kant. Jy begin hoop kry. Maar dan kom daar ‘n stroomversnelling en voor jy jou kom kry is jy weer dieper in.

Tog lyk dit of jy wel nader na die kant beweeg, jy moet net moed hou. Uitgeput haal jy tog die kant, maar die wal wat jy moet uit, is hoog en rof, klipperig met min om aan vas te hou. Jy voel eintlik om maar moed te verloor. Tog, voetjie vir voetjie pak jy die wal aan. Twee treë vorentoe, drie agtertoe, dan weer vier vorentoe, een agtertoe. Tog beweeg jy nader en nader aan die rant van die wal.

Só is dit in die lewe ook. Ons beland in moeilike situasies. Ons kan moed opgee, of ons kan besluit om hierdie ding deur te werk, al is dit hoé moeilik. In die proses kry ons dalk selfs nog weer seer, voel ons dis die moeite werd nie, want hoekom gebeur hier dan nou al wéér iets verkeerds? Ons ís dan só versigtig. Ons probeer ons bes. Ons kyk so mooi hoe ons loop en optree, hoekom gebeur dit dan weer?

Want die wal aan die anderkant is styl. Al is ons nie meer in die gevaarlike, diep rivier waarin ons enige oomblik kan verdrink nie, beteken dit nie dat ons  nou sommer buite al die ongemaklikede is nie.

Maar deur vas te byt en aan te hou, al is dit hoe moeilik, is eintlik soms die enigste manier om daar uit te kom. Die alternatief is om vasgekeer te bly in die rivier vir die res van ons lewens.

Soms is dit egter ook nodig om net te sê, tot hiertoe en nie verder nie. As ons net kan weet hoe naby ons aan die wenstreep is!

Kom ons soek daardie oplossings. Dis gewoonlik die moeite werd.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Die waarde van my bidboek.

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

4 thoughts on “Om deur die drif te kom

  1. Jesus sê nie verniet “I told you all this so that you may have peace in me. Here on earth you will have many trials and sorrows. But take heart, because I have overcome the world” nie. Ek het besluit dis beter om dié Woorde meer ernstig op te neem en nie die heeltyd net na happiness on earth te soek nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!