Kameel – Hondedag

Skryf-Safari : Hondedag

black and brown short haired puppy in cup
Photo by Pixabay on Pexels.com

Hierdie is net ‘n vinnige skrywe om te sê ek verklaar 17 Mei as Hondedag. Die gesegte lui mos “Elke hond kry sy dag.”   In elk geval ek loer gisteroggend gou na Toorts se blog en die opskrif lees “Hoekom loop mense met hulle honde?” Daar op sosiale media praat Toorts oor POEF!!! Natuurlik was ek uit my sokkies uit geskok en sit my foon neer asof hy my brand. Toe my hart weer in ritme is, waag ek dit om te kyk wat Scrapy – as gasvrou – vir ons dié week opdis. Sowaar, Trompie haar hond skryf te lekker in sy dagboek oor sy mam…. die dokter…en bossies… en piepie….en goete op snaakse plekke indruk… en antibiotika. Ek voel vir Trompie. Lê ek dan nie self in die Urologiese hospitaal met dieselfde probleem nie? Behalwe vir die prostaatklier is ek ook deur die hele proses. Ek wens Trompie sterkte toe. Gelukkig word ek ontslaan en terug by die huis bel Chanté my in trane. Duncan hulle dertienjarige Schnauzer is by die Veearts. Hy moes aan iets gelek het wat sy tong dood gemaak het. Hy kan glad nie eet of drink nie. Die veearts sê dit lyk nie goed nie. En die hartseerste is dat sy hom net gevat het, en nie eers laat Cammy – sy Schnauzer vroutjie – hom groet nie. Hoe moes sy geweet het Duncan kom miskien nie terug nie. ‘n Paar ure later laat sy weet hy is uitgesit. Net voor bedtyd wil ek skottelgoed was. Ek klap met die vurk teen die bord waarin daar oorskiet wortels is. Dis ‘n teken vir die rottweilers dat daar iets te ete is. Hulle storm tot by die agterdeur. “Sit,” sê ek vir Brutus. Hy gehoorsaam en gaan sit. Ek moet hier mooi werk want hulle gryp mekaar vir ‘n leksel kos. Nikita staan ‘n entjie na regs. ‘n Wortel vir Nikita… ‘n wortel vir Brutus… ‘n wortel vir Nikita…. ‘n wortel vir Brutus. So deel ek dit uit totdat daar een enkele ertjie oor is. Dié gooi ek sommer na buite… en net daar gryp die twee rottweilers mekaar. Ek maak die agterdeur toe. Hondedag is offisieël verby.

Mooi naweek vir almal. Warm bly!!!

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

Jou InLinkz skakel is http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=780871

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

27 thoughts on “Kameel – Hondedag

  1. Dis nou n skryfsel met uiteenlopende gedagtes. Jy het darem nie jou skryfvinger(s) verloor nie. Dis nou toevallig dat jy en Trompman altwee naastenby dieselfde dinge oorgekom het die afgelope week. Jy bly maar n doring as dit by skryf kom. Ek sien duidelik die twee Rotties, presies hoe dit altyd by my ook gegaan het toe daar nog meer as een hond was. My ma het altyd gese: Eerlik sal ons deel, ek n bietjie meer dan jy!(eintlik n Hollandse uitdrukking wat sy baie gebruik het.) Hoop jy voel beter en is gou weer jou ou self. Hope liefde vir jou.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Scrapy. Ek hou van jou ma se Hollandse gesegde. Die presies delery kom van die klomp kinders se dae af waar die een mos nie ‘n druppel meer koeldrank as die ander mag kry nie. Mooi naweek vir jou. Ons kry baie koud!!!

      Like

      1. Ja, die delery onder kinders was altyd n storie. Dan nog die sjokolade kiekie wat in blink papertjie toegedraa was en net een in die pakkie was. Elk het n beurt gekry om die koekie te kry. Hier was dit hele week nat en winderig. Daar is v Vrydag sneeu voorspellings tot 600 meter. So die winter klim nou in. Het ge-baby sit vandag en gaan dit nou ers opsit. Mooi dag vir jou.

        Liked by 1 person

            1. Oooo dan gaan ski jy seker? Moet net nie vir my sê jy ski nie…. dit sal wees soos om by die see te bly en nie boogy board te ry nie!!!

              Like

      1. Baie mooi…ek is nie regtig ‘n aanhanger van die koninklikes nie, maar die sprokiesagtigheid daarvan, trek my ook soos vir miljoene wêreldwyd. Die treffendste was die eenvoud van haar rok en die sproetjies op haar neus, wat sy nie probeer wegverf het nie. Haar ma was ook pragtig en waardig en het by tye hartseer gelyk.

        Liked by 1 person

    1. Jy sal bloos as jy die petalje aanskou het…. ek het nie geweet hulle doen wat hulle doen by ‘n urologiese hospitaal nie. Ek is net so bly hulle het my saam met die duvet teruggestuur 😀😀😀😀

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!