‘n Christen tree mos nie so op nie!

Ons sal tog so maklik, as iemand nie optree soos ons dink hy behoort op te tree nie, eksepsie neem. Soms sal ons selfs sê, ‘Hy sê hy’s ‘n Christen, maar kyk hoe tree hy op.’

Ds Stan het net mooi Sondag hieroor gepreek, dat ons moet onthou dat ons almal mos maar probeer om vir Jesus ná te streef, en al is ons al so goed soos 60% soos Jesus, daar dan steeds 40% oor is wat nie soos Jesus is nie. Dit bring mee dat ons almal foute maak en soms optree soos wat ‘n Christen dalk nie veronderstel is om te doen nie.

Persoonlik dink ek dat baie van hierdie opmerkings, dat ‘n persoon sê hy is ‘n Christen, maar kyk wat maak hy, gebore word uit persoonlikheidsverskille. Ek wil glo dat ‘n persoon dalk uit die goedheid van sy hart opgetree het, maar ‘n ander persoon hom dalk misverstaan het. Omdat ons verskil.

Soms mag dit ook gebeur dat iemand stilweg ‘n wrok teen iemand het, en as hy dan net sy oog verkeerd knip, of selfs iemand in sy omgewing ‘n oog verkeerd knip, sy Christenskap dadelik bevraagteken word.

Ongelukkig ken ons nie altyd die volle verhaal nie, weet ons nie al die omstandighede nie, en sou ons dit weet, sou ons dalk anders oor die saak dink. Soms maak die prentjie vir ons sin uit ons eie perspektief, maar die ander persoon se storie klink dalk heeltemal anders.

As ek byvoorbeeld vir ‘n Christen ‘n guns vra en hy sien nie kans nie, mag daar baie redes voor wees. Hy het dalk in die afgelope tyd vir soveel ander gunste en gawes gedoen, sy gunstebeker is leeg. Of dalk voel hy dat dit dalk nie ‘n saak is wat hy wil ondersteun nie. Of hy is dalk eenvoudig op daardie stadium net te besig of moeg en kan hy nie daaraan ook nog aandag gee nie.

Gebeur daar ‘n slegte ding in die gemeenskap, kan ons soms baie veroordelend wees en die storie uitmekaartrek en vertel soos ons dit verstaan, maar ons besef dalk nie al die feite nie, wat die storie heeltemal anders maak.

As Christene moet ons waak daarteen om mekaar te veroordeel, dit word immers in die Woord ook gevra. Maar ons moet veral waak daarteen om die persoon se Christenskap, of sy integriteit in twyfel te trek sodra iemand nie presies optree soos ons dit sou wou hê nie. In die proses breek ons dalk die Christendom af, terwyl dit glad nie is wat ons wou doen nie.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Die jongman by #Imagine

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

12 thoughts on “‘n Christen tree mos nie so op nie!

  1. Eina, hier raak jy ñ teer puntjie aan. Ek vind dat veral ons wat Christene is, baie krities na ander Christene kyk. Ons het Sondag die wonderlikste preek oor die verskille tussen die dissipels gehoor, en daar het ek net weer besef dat God ons elk op Sy eie besonderse manier lief het, wie ons ook al is.

    Like

          1. Yep, partykeer wens ek ‘n mens was meer dikvellig sodat dinge nie so seer gemaak het nie. Geen wonder ons word oor die tong en die vuur wat dit aan die brand steek gewaarsku nie.

            Liked by 1 person

  2. Ja mens dink nie altyd so daaraan nie. Dalk is dit daai persoon se 40% waaraan h6 nog werk wat uitkom wat iemand so ontstel maar hoeveel keer ontstel my 40 of meer % nie iemand anders nie😯

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!