Skryfsafari: Toortsie besoek die sneeuberge

In opdrag van Seegogga.

Eendag, lank, lank gelede, toe Toortsie se kindertjies sommer nog klein was, het sy het sy gewens dat sy nog een dag vir hulle die sneeuberge kon gaan wys. Dit het heeltemal onmoontlik gelyk, maar die goeie feë het gehoor wat Toortsie se wens was en dit sowaar onthou! Sonder dat sy dit geweet het, het die fee besluit om die wens ná 25 jaar waar te maak.

Toortsie en haar man en haar kindertjies, wat toe nie meer klein kindertjies was nie, maar groot kindertjies, het met die groot vliegmasjien gevlieg tot by die sneeuberge.

Sjoe, dit was verskriklik koud en nat en die Toortsie en haar spannetjie moes dikke klere aantrek: Mussies en serpe en baie baadjies en broeke sommer so oor mekaar, anders het die kouete sommer onder hulle klere ingekruip.

Dit was só mooi om al die sneeu te sien en Toortsie het partykeer sommer net gekyk en gekyk en gekyk. Toortsie kon sien hoe koud die bome kry! En as die son so helder op die ys geskyn het, kon Toortsie feëtjies sien dans op die ys!

Toorsie het haar verkyk vir almal wat so lekker speel in die sneeu. Sy was maar ‘n bietjie bangerig en het net een keertjie ‘n bietjie op ‘n  ski gery saam met haar seun, maar toe hy vinnig by ‘n skibaan afgly, het sy vreeslik brieke getrek met haar voete in die sneeu en baie hard geskreeu. Sy het toe maar afgeklim dat hy alleen daar by die berg afgaan, terwyl die feetjies hom beskerm.

Een keer het die feetjies sowaar sneeuvlokkies op Toortsie se kop gegooi!

Dit voel snaaks om in die sneeu te loop, dit maak so girts, girts, maar as die son die dag op die sneeu geskyn het, het dit effens gesmelt. Wanneer dit dan weer kouer word, het dit weer geys, en dan was dit baie glad. Dan moes Toortsie baie versigtig loop, anders gly haar voete sommer onder haar uit!

Toortsie hulle het ver met die treine in die sneeuberge gery. Die sneeu het sommer dik op die huise se dakke gelê. Partykeer het dit begin smelt, maar voor dit behoorlik klaar kon smelt, het dit weer vasgeys, dan het die stukke koue ys so gehang. Weet julle hoe mooi is dit? Dis dán wat die feetjies al met die yspypies afgegly het.

Een aand was dit baie koud en nat, en die lawwe Toortsie-hulle het sowaar die hele aand buite op ‘n restaurant se stoep gesit om die mense te bekyk. Dis mos heeltemal laf, dit was koud! Die feetjies het net hulle koppe in ongeloof geskud.

Toortsie-hulle het baie lekker gekuier in die sneeuberge, maar was baie bly toe hulle weer in die warm Suid-Afrika terug was.

………………………………………………………….

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=779975

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Toortsie by Finesse: Die jongman by #Imagine

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

19 thoughts on “Skryfsafari: Toortsie besoek die sneeuberge

  1. Hoe mooi moes dit nie gewees het nie. Dit klink of jy binne in sprokiesland was met die feetjies wat sneeuvlokkies rondstrooi. Gelukkig was dit nie feetjiestof nie anders her jy dalk saam met hulle weggevlieg!

    Liked by 1 person

  2. Feetjies in die sneeu! Hulle dans seker nie daar rond met blomrokkies nie 😄 Sneeufotos laat my altyd dink aan kersfees. Ek is bly jy kon darem die droom uiteindelik beleef.

    Like

  3. Hier sit ek en verkluim onder komberse op die elektriese kombers en lees jou sneeustorie. Ek kan behoorlik die koue voel. Ek kan dink daar is sneeufeetjies wat daar rondspeel en bang Toortsies terg. 😀😀😀

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Kameel Kanselleer antwoord