Skryf ‘n opstel: Verandering begin by my

Knap gedaan aan die onderwyser wat hierdie onderwerp uitgedink het, want ons besef eintlik so moeilik dat verandering by onsself begin.

Jare gelede het iemand hierdie prentjie geskets: Wil jy hê dinge moet verander? Vat dan ‘n kryt en maak ‘n groot sirkel rondom jouself. Maak dan veranderinge binne die sirkel.

Almal van ons wil veranderinge hê. Daar is goed wat vir almal van ons pla. Die maklikste ding om te doen is om dan te kla en die mense rondom ons te verander, solank onsself niks hoef te doen om te verander nie. Dit is natuurlik baie moeilik om aan onsself te verander, maar nóg moeiliker om ander mense te verander. As ons besef hoe moeilik dit is om onsself te verander, hoe op aarde kan ons dan dink om iemand anders suksesvol te verander?

Daarom is dit goed en nodig om soms ernstige selfondersoek te doen en te kyk na die dinge wat ons pla: Hoe kan ék anders optree in hierdie situasie? Hoe kan ék mense anders hanteer? Wat doen ék verkeerd?

Soveel keer, wanneer my eie houding teenoor iemand anders of ‘n situasie verander, verander die ander persoon of die situasie sommer ook!

Deur die nors persoon altyd vriendelik te groet, help jy hom dalk om uit sy dop te kruip en vriendeliker te raak.

Deur minder te kla oor dinge, veroorsaak jy dalk dat mense dan ook gemakliker in jou omgewing is.

Deur self die omgewing waar jy is, netjies te begin hou, raak die omgewing rondom jou lekkerder en leefbaarder.

Deur jou bed in die oggend op te maak as jy opstaan, verander jy jou eie ingesteldheid en lyk jou dag sommer baie beter.

Deur self jou kamer netjies te hou, gee jy jouself ‘n gevoel van eiewaarde en kyk jy met ander oë na alles rondom jou.

Deur jou ouers vriendelik te groet en ordentlik te antwoord op hulle vrae, verander jy hulle gesindheid teenoor jou.

Deur mense van die ander geslag te wys dat jy hulle respekteer, begin hulle dalk om ook vir jou te respekteer in hulle optrede teenoor jou.

Deur vir iemand ‘n opregte kompliment te gee, begin die persoon dalk beter oor homself voel en verander sy algemene optrede.

Deur doelbewus dankbaar te wees, jou dankbaarheid te wys, ‘n lewe van dankbaarheid te leef, sien jy al hoe meer goed raak waarvoor jy dankbaar kan wees, eerder as goed om oor te kla.

Net deur my eie ingesteldheid en houding te verander, kan ek ‘n groot verskil in my nabye omgewing maak.

Groetnis

Toortsie

(Onthou, as jy dalk hierdie gebruik, om vir toortsie.com die nodige erkenning te gee.)

Toortsie by Finesse: Die waarde van my bidboek.

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

17 thoughts on “Skryf ‘n opstel: Verandering begin by my

    1. My skoonma het dit vir my geleer. Baie dae sukkel ek ook daarmee. Weet jy, as ek so ‘n rowwe dag agter die rug het en als is deurmekaar, is ek so dankbaar as ek in my kamer kom en ek kan in ‘n netjiese bed klim. Dankbaar dat ek nie wers nodig het om dit ook nog eers te moet regmaak nie. Ek dink dit versien ‘n bloginskrywing op sy eie. Dankie! Daar inspireer jy my al weer.

      Liked by 2 people

  1. Om te kla is net ‘n slegte gewoonte en ons steek by mekaar aan. Ek het op ‘n dag ‘n wilsbesluit geneem om nie te kla nie en ek is beslis ‘n gelukkiger mens. Baie mooi geskryf, Toortsie. Jy inspireer my altyd.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!