Lekkervurig het hierdie prentjie by haar blog opgesit en ek begin om my kommentaar te tik en ek hou aan met tik en tik en besef net daar: Hierdie is my bloginskrywing vir die dag.
Ek glo.
As ek nie geglo het nie, weet ek nie waar ek vandag sou wees nie. Ek is seker ek sou al op die sterkste anti-depressante wees wat vir my voorgeskryf kan word, en dít skryf ek met die grootste deernis en respek denkbaar. God het my baie jare gelede genees daarvan, maar die duiwel is listig en hy probeer maar steeds om iewers ‘n vatplekkie te kry.
God is die Een na wie ek gaan as die lewe te holderstebolder raak, ek nie meer weet waar om te vat en waar om te los nie. Hy is die een wat my kalmeer wanneer ons land se stories my bang maak. Hy is die een wat vir my in die nag antwoorde bring as ek worstel. Hy is die een wat my rustig hou as ons in kurkdroë grond saai wat al sand getrap is en daar geen teken van reën is nie. Hy is die een wat my keer op keer regop hou as verskriklike dinge oor ons pad kom en ek nie weet hoe om die een voet voor die ander te sit nie en eintlik net op ‘n hopie wil lê. Hy is die een wat my seën, vir elkeen van ons, maar ek skryf mos nou hier van as ék nie geglo het nie, waar ék sou wees.
Ek glo in die Lewende God wat alles wat bestaan, gemaak het, wat ons oneindig liefhet, wat regtig net die beste vir elkeen van ons wil hê. Ek glo in Jesus Christus, wat Sy seun is, wat gebore is uit ‘n maagd, wat gekruisig is en opgestaan het uit die dood. Dié Jesus wat vir veertig dae aan soveel mense verskyn het ná Sy opstanding, en opgevaar het na die hemel om vir my en jou en vir almal wat Hom aanvaar het as hul Saligmaker, ‘n plekkie gaan voorberei het. En ek glo in die Heilige Gees, die God met ons, wat elke sekond van die dag of nag hier by my is om my te help en te lei, as ek Hom net sal toelaat. Ek glo dat God die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees Een is. Wel drie verskillende persone, maar een.
Ek glo ook dat daar ‘n dag kom wat die geleentheid om te kies, verby is. Die dag van ons dood, of as Jesus terugkeer voor ons dood, daardie dag. Dán moes ons klaar gekies het: Vír Hom, of teen Hom. Ek weet wat ek gekies het, maar weet jy al wat jy gekies het? Dit was my beste besluit wat ek ooit in my lewe kon doen.
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Die waarde van my bidboek.
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Radio Tygerberg resensie
Amen
LikeLiked by 1 person
Amen van my af ook.
LikeLike
Daardie aand waarop ek in my hart gesê het – nadat ek die Verlossingsboodskap gehoor het – “As dit waar is… hier is ek,” is die kragtigste woorde wat ek ooit sal uiter. My lewe het handomkeer verander. Dankie Vader vir soveel genade…. vir Jesus en U Heilige Gees!!!
LikeLiked by 1 person
Amen. Dankie tog ons het hoop om aan vas te hou, anders was die wêreld nog meer verlore.
LikeLiked by 1 person
Toortsie,soos jy reeds weet, glo ek nie. Ek is deur al dieselfde smarte en dinge, soos wat elke lewendige mens mee gekonfronteer word en ek het tóg self daardeur gekom.
Hiermee probeer ek nie dit waarin jy glo, belaglik maak of aftakel nie. Ek beantwoord net die vraag wat jy in jou opskrif stel.
Ek word nooit geteister deur duiwels of skuldgevoelens nie, want ek glo nie daarin nie en dis werklik vir my ‘n verlossing dat dit nie ook nog ‘n las op my skouers is nie.Weet jy hoe vry laat dit my voel.
LikeLiked by 1 person
Dankie Perdebytjie en ek stel dit hoog op prys dat jy die vrymoedigheid het om met my daaroor te praat. Ek respekteer regtig jou siening. Een die ander kant kan ek egter stilbly oor wat God duidelik in my lewe doen nie. Mag jy ‘n mooi dag hê. ❤️
LikeLiked by 2 people
Ek wou maar net die anderkant ook vertel. Mense soos ek, handhaaf maar ‘n lae profiel, want ons is nie baie gewild nie.
LikeLiked by 1 person
Niemand kan geloof in ‘n ander persoon se kop indwing nie. Ek wil dit ook nie dien nie. 😁 Jy is meer as welkom.
LikeLiked by 1 person
Wat ek waardeer, Perdebytjie, is jou eerlikheid. Jy weet wie jy is en waar jy staan en jy is gemaklik daarmee. Dis vir my mooi.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie. Dit is soms vir my baie moeilik as ek sien hoe entoesiasties julle oor jul geloof is…ek praat nou hier van al die bloggers hier rond. Vir my maak dit geen sin nie en ek bly stil, want ek wil niemand aantas nie.
LikeLiked by 1 person
Perdebytjie, die pad wat die Here met my stap, is ‘n ongelooflike en wonderlike pad wat sekerlik vir ander mense soms vreemd klink. Maar vir my is Hy ‘n werklikheid en Hy bewys Homself oor en oor aan my. Hier gebeur net te veel ‘toevallighede’ in my lewe, goed wat ek spesifiek vir Hom vra en niemand daarvan weet nie, en die antwoord dan uit die bloute kom, deur mense, deur omstandighede, ens. ‘n Stap in die geloof mag soms sinneloos klink, maar God laat mens nie alleen nie. Dis iets wat ek werklik vir almal gun. Mooi aand vir jou. Dankie dat jy steeds hier lees, selfs alskryf ons dinge waaroor jy anders dink.
LikeLiked by 1 person
Pragtige belydenis!
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
In my nuutste skrywe Una se pad se ek iets van my geloof
LikeLiked by 1 person
Ek sal kyk.
LikeLike
Dankie
LikeLike
Ons moet nie so “skaam” wees vir wat ons glo nie. Dit is tog hoekom ons is…
LikeLiked by 1 person
Net so, maar ons is geleer om skaam te wees. Dis mos ‘n persoonlike ding, jy weet!😁
LikeLike