Toortsie se Bantingstorie LCHF

Ek vra om verskoning vir die gereelde lesers op hierdie blog, julle ken my storie uit julle kop uit, maar ter wille van toevallige besoekers plaas ek graag my Bantingstorie in ‘n neutedop.

Nadat ek al soveel verslankingsprogramme met sukses gevolg het, net om kort daarná die gewig weer op te tel, en selfs meer gewig as wat ek verloor het, was ek moedeloos. Ek was vetsugtig (obese) en weekliks het my gewig net meer en meer geword.

Ek het ook geglo dat ‘n mens net ‘gebalanseerd’ moet eet, maar balanseerd eet het nie vir my gewerk nie, want ek was ‘n kos- en suikerverslaafde.

Nadat al hoe meer koerante en tydskrifte van Tim Noakes en sy Bantingleefstyl begin skryf het en al hoe meer dokters en hartspesialiste dit begin aanbeveel het en my beste vriende dit begin volg het, het ek oornag oorgeskakel na die Bantingleefstyl.

Dit was vir my ‘n groot kopskuif om al die stysel en suiker uit my dieet te verwyder, en die eerste paar dae was verskriklik erg. Ek het onttrekkingsimptome in ‘n baie erge graad ervaar. Dit was megraine, ek het opgestop gevoel, ek was knorrig, my asem het gestink, wat nog alles, maar na drie dae was alles oor en ek kon binne die eerste week alreeds goeie resultate sien. Banting het beslis vir my gewerk.

Terwyl ek dit slegs gedoen het met die oog op gewigsverlies, het ek soveel meer bygekry. Daar is soveel goed waarop ek nie eers gereken het nie, wat as bonus bygekom het. Ek was gediagnoseer met Metaboliese Sindroom, ek was oorgewig, op die rant van diabetes, my cholesterol was te hoog. Ek het my gesondheid teruggekry. Hier is geen teken meer van diabetes nie en my cholesterol het gestabiliseer. Waar ek altyd moeg en honger was, voel ek nou gesond, energiek, en kon ek al soveel van my medikasie los, met goedkeuring van my dokter. Met 18 kg gewigsverlies voel ek goed in my lyf, ek kan amper enige iets dra en hoef nie meer agter vormlose klere weg te kruip nie. Ek kan die wêreld met vreugde in die oë kyk, met lewenslus en met selfvertroue. Dan het daar nog twee resepteboeke ook uit hierdie leefstyl gevloei.

Ek kyk nie een oomblik terug nie. Ons eet heerlik, die beste wat ek nog in my lewe geëet het, behalwe natuurlik toe ek nog in my ma se huis was. Banting het beslis vir my gewerk.

Wil jy nie ook JOU LCHF (Banting) leefstyl met ons deel nie? Skryf maksimum 400 woord een e-pos dit asseblief vir my na madeleburger@gmail.com. Ek sal dit graag hier op die blog wil plaas. Lees gerus ander persone suksesstories HIER. 

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Die waarde van my bidboek.

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

Advertisements

3 thoughts on “Toortsie se Bantingstorie LCHF

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s