Skryf Safari – Waarheen loop die paadjie?

Una vra: Waarheen loop hierdie paadjie?

My eerste gedagte was: Hierdie paadjie is in ‘n lekker digte bos naby die see, daar in Knysna se wêreld. As jy met hierdie paadjie loop, kom jy by houthutte uit. Daar is nie selfoonsein nie, nie TV nie, nie Wifi nie. Net ek en manlief en ‘n dik storieboek of twee sal daar wees vir ‘n hele week. Ons sal braai en stap in die woud, en gaan stap langs die see wat daar naby is.

Ek wonder of ons dit nog kan regkry? Of die onrustigheid nie die oorhand sal vat nie? Ons sal onsself moet herinner om rustig te wees, niks te doen nie, mekaar se geselskap te geniet. Toortsie sal moet onthou dat ons nie iets hoef te gaan besigtig in die omgewing nie, maar dit sal sekerlik maar soms gebeur.

Hoe meer ek egter oor die paadjie gedink het, hoe meer het die Camino de Santiago in Spanje my geroep. Hierdie paadjie in die foto is daar iewers en ek moet dit loop soek. Die Camino roep my al jare lank, en dis of haar geroep nou al hoe sterker raak, veral nadat ek die TV-reeks, ‘Elders’ gevolg het. Ek wonder of 2019 nie die jaar van die Camino gaan wees nie. (Jare gelede het Bileam se donkie aanbeveel dat ek Ursula op die Camino neem, daardie tye het sy my gek gehad!)

Ek wil lank gaan. Drie tot vier weke, maar ek is nie seker of my geliefdes wat ek wil saamneem, so lank sal kan gaan nie. Dalk moet hulle beurte maak om my te vergesel? Alhoewel baie mense die Camino alleen stap, dink ek nie ek moet dit alleen doen nie. Ek is nie ‘n alleenmens nie, en die grootste probleem is dat my natuurlike rigting baie swak is. Ek voel gemakliker as iemand saam met my is, en verkieslik my man met sy rigting soos ‘n mier.

Daar is ‘n paar hande wat opgaan as ek noem dat ek dit wil doen, party sal soms saamloop en ander dae dalk ‘n taxi gebruik! Of ‘n fiets! 🙂

Kom ons kyk wat gebeur. Die tyd sal leer. Dalk sal hierdie net ‘n droom bly, dalk nie! Wie weet? Dit voel al hoe meer vir my of dit iets is wat ek kan doen as ek ouer is, omdat my verantwoordelikhede by die huis minder raak. Ek sal nie my rugsak dra nie, maar dit bedags laat aanry, en ek sal ook sorg dat ek snags in goeie beddens slaap, omdat my liggaam dit van my vra.

Sien julle in Spanje!

Groetnis

Toortsie

Hierdie week se uitdaging word aangebied deur travel460 van die blog Bali Drome.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=778471

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Toortsie by Finesse: Die waarde van my bidboek.

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

 

 

18 thoughts on “Skryf Safari – Waarheen loop die paadjie?

  1. Ek pieker net vanoggned oorlat Toortsie so stil is, en wraggies, sy is bessig met iets groot. Daai Camino – die roep hard as ek so lees. Sien uit om te sien wat voor gaan gebeur. More sê Toorts!

    Like

    1. Môre, môre! Ek oefen mos om af te tree, jy weet, nou is ek besiger as besig, want my grootste vrees is mos dat ek gaan sit en doodgaan as ek afgetree het. (Asof dit nou ooit ‘n moontlikheid sou wees!) Ons het Christusfees hierdie week en ek sou by die huis bly om daarby betrokke te wees, maar helaas. Ek is so besig met allerhande goetertjies wat ek myself op die hals gehaal het, ek weet nie of ek by die Christusfees gaan uitkom nie! 🙂 Sal weer binnekort julle blogs lees. Dankie dat jy kom inloer het.

      Liked by 1 person

  2. Nou toe weg is jy….. staptekkies en al. Jy gaan tog nooit tot rus kom voordat jy dit gedoen het nie. Hierdie keer kan ek nie saamtoer nie…. Earth loop nie in die berge rond nie. Of wag miskien het mense 3D fotos van daarbo opgesit!!! Spanjé hier kom ons 😀😀😀😁

    Liked by 2 people

  3. Kyk nou net, dalk doen jy sowaar hierdie jaar jou Camino-stap. Ek hou ook baie van die eerste stuk van jou skrywe; die rustige dae saam met manlief en die lees, lees, lees.xx

    Like

  4. Ek het jou Camino verwar met my Pyranees staptog deur die berge wat ek altyd graag wou doen. Die Camino klink vir my soos ‘n pelgrimstog van dorp na dorp. Sal sien of ek meer daaroor gelees kan kry later. Hopenlik het ek dit hierdie keer nie aan die stert beet nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!