Plantjies en botteltjies melk

Kyk, of dit nou botteltjies melk is, of boksies waspoeier, of plantjies, dat Checkers ‘n behoorlike punt beet het met sy jaarlikse bemarkingstrategie om kinders te betrek, is nou nie altemit nie. En Toortsie, ewe naïef, besef nooit dat daar baie volwasse en ouer kinders is wat ook tog te graag saamspeel nie!

Sien, die versamelaar in Toortsie is doodgesmoor voor hy nog behoorlik gebore is. Daar waar sy op Ouplaas grootgeword het, was dit ‘n verlore stryd om ‘n volledige stel goed bymekaar te maak as daar so iets sou wees. Hoopvol het ek begin bymekaarmaak, net om altyd twee of drie items te kort. Teen daardie tyd het almal al alles uitgeruil op die dorp. Ek glo ook dat daar altyd van die items sal wees waarvan daar minder gemaak word. Die winkels wil mos hê jy moet aanhou koop en koop en koop totdat jy alles het, jy moenie sommer in die eerste week al al die items bymekaar gemaak het nie.

Tog is daar mense wat vindingryk en vinnig is en sommer gou-gou planne beraam om alles bymekaar te maak.

Toe die plantjies te voorskyn kom, dink Toortsie dadelik aan haar liewe driejarige nefie wat so ‘n ywerige tuinier is. Ek het nie eers besef dat daar verskillende plantjies is wat bymekaargemaak moet word nie!

Kry ek plantjies as ek koop, bêre ek dit op ‘n veilige plek, en kom kuier hier kindertjies by my, plant ons saadjies! Té opgewonde, almal van ons. Ons kyk hoe die grond swel in die water, ons druk die saadjies in die grond, plak die plakkertjie op die houertjie sodat ons weet watse plantjie daarin gaan opkom, druk dit terug in die boksie en stuur dit saam met die kind huis toe.

Intussen gaan die lig vir my op. Mammas koop skinkbordjies om die plantjies in te versamel. Op Facebook begin die mense plantjies praat: Die een het vir R149.99 gekoop en NIE ‘n plantjie gekry nie! 😦 Een noem terloops dat hier seker weer binnekort op Facebook plantjies uitgeruil gaan word. (Toortsie bekyk die dinge maar so op ‘n afstand.)

Die volgende word ek ingesluit in ‘n plantjieomruilgroep! O nee! Asseblief tog nie! Ek het nie plantjies om om te ruil nie, ek is nie ‘n versamelaar nie! Maar ek gun dit vir hulle, elke persoon maak mos soos dit vir hom lekker is.

En wat is vir my lekker? Om saam met kindertjies die een na die ander plantjie te plant en dit saam te stuur huis toe.

Groetnis

Toortsie

Terloops, toe ek vandag manlief se kortbroek in die wasmasjien gooi, sit daar sowaar 3 plantjieplakkertjies op sy boud! ‘n Seuntjie het dit goed gedink om die oom te merk! 😁

Toortsie by Finesse: Elke dogtertjie se droom.

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

Advertisements

13 thoughts on “Plantjies en botteltjies melk

  1. Sien my kleinkinders aan die Suidkus is ook ywerige plantjieversamelaars. Wonder met watse idee die winkels volgende gaan uitkom.

    Like

        1. Groooot sales gimmic by Checkers. Vir elke R150 wat jy koop, kry jy so ‘n miniatuurplantjie wat jy moet plant. Intussen moet jy die skinkbord koop waarin die plantjies versamel word, en al die lieflike tuingereedskap vir kinders en en en … en intussen speel Toortsie sommer met die kinderen. 😁

          Liked by 1 person

  2. Haha ek het nie een plantjie nie. My pa was ‘n ywerige tuinier wat steggies van alles geplant het, met die gevolg dat met sy afsterwe daar so baie steggies was, dat ek nou nog weggee

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s