Kameel – Die pad na die lemoenboom

Skryf-Safari: Trek jou stapskoene aan

Orange tree

Was ek nou ‘n papier en ink skrywer kon ek sê ek staar nou al dae lank na ‘n “blank” stuk papier maar woorde wil nie vorm nie. Of ek kan sê die snippermandjie en die vloer om my lê vol opgefrommelde stukke papier soos ek probeer skryf, maar die woorde droog op terwyl ek skryf. Nou wat is so moeilik daaraan om te skryf waarheen hierdie Unapaadjie lei? Alles!!!!! want daar is nie ‘n paadjie nie. Ek staan al die afgelope paar jaar met my neus teen ‘n muur en my binneste soebat en pleit vir ‘n deur om oop te gaan. Nou vir wat staan jy voor die muur… het jy nie “guts” genoeg om oor hom te klim nie? Ek het hoeveel keer al probeer, maar voeter elke keer weer terug, en lê neus in die stof en huil oor die skraapmerke. Het jy al gaan soek vir deure in hierdie muur wat eindeloos na beide kante toe uitstrek? Ja!!! ek het tot al so vêr gegaan om met ‘n stuk bordkryt vir my deure in die muur te teken en dié dan te probeer oopstoot…. to no avail. Sou daar ‘n deur oopgaan en ‘n Unapaadjie lê voor jou…. waarheen hoop jy sal dit jou lei? Na die lemoenboom toe. ‘n Lemoenboom? Ja, kom ek vertel jou ‘n droom wat ek ‘n paar jaar gelede gehad het.

Ek en Ken staan.hand aan hand en kyk na ‘n stuk grasperk. Uit.die bloute begin daar ‘n boom groei. Sy groei is vinnig en kort voor lank staan daar die pragtigste blinkblaar lemoenboom voor ons met groot gesonde lemoene aan. Die volgende oomblik val die lemoene af en lê op die groen grasperk. Ons lag en begin arms vol lemoene optel maar ons besef die lemoene is nie vir ons nie, maar vir die laaaaaang ry mense in werkersklere wat nou daar staan. Die eerste een kom nader, swaar het diep spore op sy gesig gekerf maar hy glimlag breed toe ek ‘n lemoen aan hom oorhandig. Liefde en blydskap borrel in my op terwyl ek lemoene uitdeel… en met elke lemoen  besef ek net weer en weer om te dien is om werklik te LEWE.

Dis ‘n mooi droom… maar kan jy dit nie aan hierdie kant van die muur ook doen nie? Dis druppeltjies in ‘n emmer wat nie die allesoorheersende honger in my hart kan.stil nie. Vat bv verlede Vrydag. ‘n Ou man stoot sy fiets die optraande uit, en rus al staande oor sy fiets voor die groothuis se groen hek. Ek kom met die motor aan… en moet hom vra om net sy fiets hoër die pad op te stoot, want maak ek die hek oop gaan die rottweilers hom gryp. “Ai, ounoï ek bang daai twee honde hulle sal my opvreet,” sê hy met ‘n glimlag op die verkreukelde ou gesig. Op daardie oomblik doen my hart sy ding; hy word te groot vir my liggaam en Liefde oorweldig my. Ek wil uitklim, ek wil hierdie mens help om sy fiets die steilte uit te stoot. Vir ‘n paar kosbare minute wil ek deel wees van sy lewe en hy van myne, en wanneer hy wegloop moet hy nie vir my nie, maar vir Jesus in my onthou.

 

Hierdie week se uitdaging word aangebied deur travel460 van die blog Bali Drome.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=778471

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

 

 

Advertisements

37 thoughts on “Kameel – Die pad na die lemoenboom

  1. Jou skrywe gee so akuraat ñ oorsig van wie jy is, Kameel. ñ Persoon met ñ liefde in haar hart vir mense, die een ding wat haar laat volkome mens voel. Jy het so mooi geskryf, so presies jou verlange uitgespreek. Ek hoop die vaslê daarvan het effens gehelp.

    Liked by 2 people

    1. Dankie Una ja….. ek besef net weer en weer om vir myself te lewe…. en die bietjie kosmaak en skottelgoedwas vir Ken… nooit vir my vervulling sal bring nie. Al reis ek oor die wêreld sal dit nie die mens wie God my gemaak het versadig nie.

      Liked by 1 person

          1. Ek voel nou skaam. Die vriendin kry self finansieel swaar en noem toe dat die materiaalwinkel op die dorp regtig nou min voorraad aanhou en ek borduur voort dat die wolwinkel amper geen wol het van een soort, genoeg vir ‘n trui nie. Nou ja. Skuldig is ek skuldig.

            Liked by 1 person

    1. Frannie die dag wanneer Jesus vir my die pad na ‘n bediening oopmaak, is die dag wanneer ek weer volkome sal lewe. Om vir myself te lewe is g’n lewe nie. Dis nie werke waarna ek smag nie… dis om soos Jesus op die aarde te loop en tot seën vir ander te wees.

      Liked by 3 people

  2. Kameel hierdie laat my dink aan iets wat PH Nortje gese het na ‘n belewenis met ‘n petroljoggie; dit was die pertoljoggie wat hom gedien het nafat hy PH se liefde beleef het. Maar ek gaan dit opsoek en weer kom kommentaar lewer.
    Laat my ook dink aan my bergfietsryery by Citrusdal tussen die lemoenboorde.

    Liked by 2 people

    1. Dis presies net so Abrie…. jy ontvang soveel meer terug as wat jy gee. Sal graag die petroljoggie storie hoor. En jou gelukkige mens om in Citrusdal rond te ry. Lief daardie wêreld. My sus hulle het op Lambertsbaai gebly en vriende van hulle het ‘n sitrusplaas daar gehad.

      Liked by 1 person

    2. Anders as jy et ek te veel stories om oor te skryf (en daarom begin ek nie want ek kan nie besluit watter een nie; wat ook maar ‘n ander soort writer’s block is). Ek sou oor een van my staptogte skryf maar begin al hoe meer te dink aan ‘n meer kom ek noem dit net ander storie, verwant aan jou storie

      Liked by 2 people

        1. Hierdie is ‘n aanhaling uit die boek Ken op die Kierie deur PH Nortje Tafelberg-Uitgewers PH in gesprek met ‘n petroljoggie:

          “Ek wil jou vra hoekom sorg jy altyd so mooi vir my motor en my bakkie?”
          Hy kom staan voor my, en kyk my gelate en kyk my gelate met sy donker oë aan.”Hoekom ek vir jou motor sorg, vra jy?”. Ek sal jou se hoekom. Omdat ek en jy dieselfde taal praat.”
          “Ek verstaan nie. Ek praat Afrikaans, en jy Xhosa.”
          “Nie daardie tale nie. Ek en jy praat albei die taal van die liefde. Geloof, hoop, en liefde. Daardie drie. Maar die grootste is die liefde. As jy dit nie het nie, het jy niks nie.”
          En toe ek daar wegry, voel dit vir my of daar ‘n klein venstertjie voor my oopgeskuif het en ek vir ‘n oomblik ‘n kykie in die hemel self gekry het. Simon Gazi het my laat klein voel, asof ek niks van die seëninge verdien wat ek so ryklik ontvang nie. Die liefde… as jy dit nie het nie het jy niks nie. Dankie Simon, dat jy my opnuut herinner het.

          Liked by 2 people

    1. Dankie Hester. Om net weer buitekant.hierdie mure te kan rondbeweeg en tot seën vir ander te wees sal my eie lewe ook verryk. Ek kan myself nie sien sit en brei oudword nie 😀😀😀😀

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s