In 2011 het ek ‘n reeks geskryf oor 40 dae, waarin ek daagliks gefokus het op iets anders om oor positief te wees. Soms was dit vir my baie moeilik, dit is in elk geval vir my persoonlikheidstipe baie moeilik om elke dag oor dieselfde ding te skryf en ‘n hele reeks te doen. Vir my was dit ‘n massiewe uitdaging en ‘n baie groot oorwinning om dit te voltooi.
Seegogga herinner my steeds soms aan daardie reeks, en ek het dit goed gedink om die volgende 40 dae, daagliks ‘n skakel na een van die skrywes te plaas op my Facebookpage, Toortsie se Facebookpage.
Indien u lus voel om dit te volg, kan u gerus op die Facebookpage gaan kyk. Die eerste een is reeds op, die res sal volg.
Miskien stof ek dit nog weer eendag behoorlik af!
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Elke dogtertjie se droom.
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Radio Tygerberg resensie